Goeienaand almal
Zettie

soooooo jammer.
Andie hoe was die impregnasie toe? Nou vir 2ww fxfx
Zarah

dis nou net mooi genoeg gesiggies vir al jou baie follies. Wow ek is baie bly vir jou. Sterkte v sondag
Nella steek die kersies sommer vroegaand op.
Amandatjie. Nog week oor het jy al geswig vir n stokkie?
Blommie. Speel lekker met jou poppie.
Debs en hopeful. Bly die BROODJIES RYS goed. Ons sien Debs se oondjie bult al goed. Kom Hopeful ons wag vir jou foto! Stella begin jou bunnie al wys?
Lalie hoe gaan dit met jou? Al bietjie gehuil? Geniet dit met jou ma.
Naomi hoe gaan dit nou met jou?
Kayla geniet die naweek en terwyl jy wag vir AF drink wyntjie vir almal wat nie kan nie.
Bell groei follies groei last dit klap!
Bea hoe gaan dit met die laaste trokkie van ons treintjie? Sterkte met spuite etc.
Ek hoop nie ek het nou iemand vergeet nie. Dit voel so.....
AFM: ek spuit nog steeds laat dit klap. Vir die wat gevra het. Follie scan Sondag oggend.Bid saam vir mooi eiertjies.