Zarah, geluk met jou vier eiertjies - dis verseker beter as een! Hoe voel jy vandag? Het jy al gebel om te hoor hoe hulle bevrug het? Ek hou styf duim vas vir jou embies!
Lagogies, jammer oor die min follies, maar as die fs positief is om voort te gaan wys dit daar is verseker hoop en soos almal sê: dit vat net een embrio. Is jou aspirasie nog môre?
Bell, bly om te hoor jou het nie enige newee-effekte nie - groei follies groei.
Naomi, hoe gaan dit met jou? Het julle al aan 'n nuwe PVA begin dink? Sterkte x
Chrissie, wanneer scan jy?
Stella, whoopwhoop vir Woensdag!
Hallo aan al die ander, dink ek het al almal gegroet.
AFM: Was toe vanoggend vir my CD8 scan. Dis nog bietjie vroeg om presiese follies te sien - daar is darem twee mooies regs en dalk 'n derde een. En links lyk dit ook of daar twee is. Met die sagte stimulasie wil ons ten minste drie baie mooies hê vir aspirasie. Ek het steeds die endometrioma regs en die groot een links is 2,5cm - baie pyn gisternag gehad, maar dis fine vandag. Ons worry nie nou oor hierdie endometriomas nie. Ons scan nou weer Woensdag om te kyk hoe lyk hierdie follies en sal dit dan van daar af vat.
Lekker week vir almal!