× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

13 years 1 month ago #241198 by Bytjie
More dames, sjoe maar daar was baie om oor op te vang.

Zettie, ek is baie jammer oor die nuus wat jy gekry het. Ons hoop en vertrou dat nie nuwe protokol sommer lekker follies vir jou sal gee.

Andie, jammer om jou nuus ook te hoor. So bly dat julle wel 'n plan van aksie het. Voorspoed met dit en ek hoop als werk mooi uit vir julle.

Chrizzie, welkom en sterkte met jul IVF. Hier's 'n hele paar dames wat jou sal uithelp met informasie en so aan.

Zarah, :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: vir daai eiers wat hulle gekry het. Jammer jy het bietjie sleg gevoel en vir daai een eier, maar jy het darem meds gekry en nou's dit die laaaaaaannnnnggggg wag na ET.

Stella, dis amper tyd vir jou scan!

Kayla, ek's bly jy't ook goeie nuus gekry.

Lagogies, julle almal is omtrent aan die gang met julle se eiertjies ne. Ek is seker daai 2 is meer as genoeg. Voorspoed vir Dinsdag.

Amandatjie, ek is baie, baie jammer oor AF wat opgedaag het. Is sy nie 'n bietjie vroeg nie? Wanneer begin jy weer met jou pille?

Hopeful, ek glo daai 2kies sal baie mooi saambly en deel in die een plasenta.

Bea, waar trek jy nou in jou siklus.

Mense, ek het deur al die posts gelees, maar ek kan regtig nie als onthou van almal nie. As ek iemand vergeet het, vra ek om verskoning.

Julle moet almal 'n lekker Maandag het.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241196 by Zarah
Goeie naand dames

4 eiers retrieved. Dit was nie so erg nie, baie vinnig verby.
Ek voel net vreeslik k@k heeldag. Die pethedine het my naar gemaak en ek is op anti biotika.
Die 1 follie het endometriose in gehad en dit kan infeksie veroorsaak, so ek moet anti biotika drink tot transfer. Dit gaan hopefully woensdag wees.

Dames ek praat more weer as ek beter voel. Vir nou is dit kookwater en jamaica gemmer

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241195 by StellaK
Goeie naand dames,

ek was nie vrydag by die werk nie, so ek het nou baie gehad om op te vang.

Andie, Amandatjie, so ongelooflik jammer vir julle teleurstelling :cry: :cry: my hart huil saam julle. groot drukkie vir julle.

Chrissie, baie welkom hier.

vir die IVF stoom treintjie, kan nie wag vir jul updates nie.

Lagogies, moenie worrie oor net 2 follies nie, ek glo hulle gaan al2 mooi bevrug, dan het jy dalk ook 'n tweeling oppad.

hallo aan al die ander dames.

AFM, ons werk het vrydag 'n golfdag gehad en ek het daar gaan uithelp. toe het hulle vir ons dames 'n golf lessie gereel, dit was nogals pret.
verder het ek nie nuwe nuus nie, sien net al uit na my afspraak woensdag. nog geen morning sickness nie, en ook nie juis ander simptome nie.
en nog geen pensie wat wil wys nie. daar gaan 'n redelike pensie moet wees voor dit by die vetjies verby kom..hehe :silly: :blink: :laugh:

hoop almal het 'n lekker naweek gehad. baie sterkte vir die week wat voorle.

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241194 by Lagogies
Baie dankie almal vir goeie wense. Ek is so teleurgesteld want daar is net 2 follies! Na al die ekstra hormone net soveel as ek gewoonlik kry met iui siklus! Met iui het ek altyd 2/3 follies. Maar aan die positiewe kant. Die endometrium is baie mooi. En 2 follies kan genoeg wees as hulle net mooi bevrug en groei. Die dokter se die follies lyk baie goed.

So ek het nou ovitrelle gespuit en Dinsdag oggend is D day vir ER. Ek is nie bang vir dit nie, was meer bekommerd oor folliescan. So Dinsdag oggend vroeg is dit so.

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241193 by kayla
Hi julle

Ek dink ek is seker bietjie laat, maar wil net vir Zarah en Lagoggies se sterkte vir vandag. Zarah, dat hulle sommer mooi vet eiertjies retrieve en Lagoggies, dat daardie Follies HUGE is op die scan.

Julle ek kan nie mooi onthou wie laas gepraat het van pta akademies nie. Net n bietjie inligting. Ek moes as n student daar n rotasie doen. En ek was in die fertiliteits lab gewees. 2 van my vriendinne het ook daar gewerk. Van n mediese oogpunt dink ek hulle is briljant. Die van julle wat sukkel en finansies is nie so dat julle privaat kan gaan nie, kan dit as n opsie oorweeg. Julle dit was nou juis n goeie 6/7 jaar terug, maar my vriendin was nog onlangs daar n werknemer. Ek weet nie presies hoe die sisteem werk nie want ek is by n ander staatshospitaal. Ek kan net wel se dat julle in goeie hande sal wees as die deur vir julle oop is.

lekker sondag vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241192 by Zarah
More almal

Bea, se gou, kan ek iets eet voor retrieval? Eks nou besig om klaar te maak om hospitaal toe te gaan.

Dankie

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 1 month ago #241191 by Chrizzie
Zarah, baie sterkte vir vandag!
Lagogies, hoop jou scan wys vreeslik baie follies :-)
Bea, ek is more op cd 9, so ons goedjies is baie naby aan mekaar. Ek het gewoonlik langerige siklusse, so hoop maar ons sien al iets. Almal sê dis anders met ivf.

Sterkte vir almal verder en ek hoop julle het 'n lekker Sondag!

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account