More vriendinne!!
Bell@, jammer oor die BFN maar ek is bly AF het toe darem uiteindelik opgedaag, want nou weet jy at least wat gan vir wat en kan jy die hele proses by die horings pak. Watse dosis Fertomid het hulle vir jou voorgeskryf?
Bea, ek hoop van harte die Femara doen die ding vir jou ook. Mens hoor soveel sukses stories van dit. En ek hoop Maandag as jy gan vir daai scan is daar sommer klomp lekker follies!
Lagogies, ballon-ovaries is 'n goeie ding!!

Dit beteken lekker baie follies wat beteken baie eiertjies wat beteken genoeg vir jou snowbabies!!

Sterkte vir Sondag se scan. Ek weet sommer dit gan goed gaan.
Kayla, as ek jy is dan dreig en smeek ek sommer ook vir 'n bloedtoets vir daai Prolaktien terwyl jy dreig en smeek vir die Provera. Skies, ek dink jy het gesê mar ek kan nou nie onthou nie, hoe oud is jy?
Hallo aan al die ander!!
AFM, het gistermiddag soos 'n mal ding gejaag om in tyd by Panorama hospitaal se apteek uit te kom vir die Ovitrelle, want apparently is hulle al wat stock het

Anyway, die inspuiting was toe nou GLAD nie so erg soos ek gedink het nie!! Ek het dit genuine nie eers gevoel nie en ek is baie bang vir 'n naald.
En intussen verkondig ML aan die hele wêreld dat ons Donderdag ons baba gan maak!!

OK, nou nie die hele wêreld nie, net sy hele familie, but it's a pretty big family.... Mar at least kan ek nou vir die eerste keer sien dat hy genuinely opgewonde is.
Shame julle, gister by die apteek was daar 'n ouma voor my in die q wat kom slaappille en senuwee pille en goed kry het vir haar seun en skoondogter. Hulle het hulle babatjie 10:15 gister oggend neergesit vir 'n slaapie en hy het net nie weer wakker geword nie. Julle my hart het gebreek vir daai mense en ek ken hulle nie eers nie.