More julle!!
Hello stranger, Blommie!! Jou kiddies is te cute!! Geniet die doop reel
Bella, ek hoop saam jou vir 'n BFP sonder enige verdere pilletjies.
Zettie, sterkte met jou scan vir Donderdag
Zarah, ek hoop daai pilletjies (en die pynappel wat ek seker is jy nou gaan eet

) help baie mooi vir jou lining. En dan sien ek jou weer Donderdag!!
Naomi, ek is so jammer dinge het nie mooi uitgewerk vir jou nie. My hart gaan uit na jou en ek dink heel tyd aan jou.
Lalie, happy belated birthday!! En jammer ook vir jou dat dit nie uitgewerk het nie. Geniet jou ma se kuiertjie. Mens wil mos mar altyd jou ma by jou hê as jy nie lekker voel nie.
Baie welkom Kayla en Nella. Ek is seker julle sal sommer baie gou tuis voel hier tussen die klomp fantasiese dames!! Ons luister en gee graag raad waar ons kan, en niemand se probleem is te klein nie!!
Debs, baie geluk met die blou span!! Nou kan jy ophou "bang" wees om te koop. Gaan koop nou die winkels leeg en begin met die lekkerste deel van baba hê... Nursery planning!!!
Amandatjie, MOENIE VROEG TOETS NIE!!!! Moet nou nie lat tannie Andie kwaai raak nie ne.
Lagogies ek hoop jou follies groei baie mooi.
Bea, sterkte vir die nuwe siklus.
Ek hoop dis almal. Jammer as ek iemand uitgelaat het, maar daar was baie om op op te vang, ek was lank laas hier.
AFM, was vanoggend vir my follie scan. Ek het een follie links van 21mm en een regs van 19mm. Dokter sê my lining lyk "beautiful" vir iemand wat op Fertomid was. Dit is so 9.8mm dink op die stadium. So vanaand moet ek die Ovitrelle spuit en dan Donderdag oggend is die imseminasie... Eeeek!!!

Ek is baie excited en baie nervous all at the same time.