Sjoooooeeeeeweeeee!!! Julle het omtrent gesels die laaste paar dae. Ek moes nou 9 bladsye opvang!!
Hallo julle!!
Sorry ek is so skaars, maar tussen die werk en die troue beplan het ek tyd vir net mooi niks. En hier het so baie gebeur, ek sal nooit vir almal kan personals doen nie.
Bea, baie sterkte vir Sondag. Ek weet sommer daai embriotjie het mooi ingeplant en groei nou soos 'n champion. Gaan jy Sondag vir bloedtoetse of wag jy tot Maandag?
Naomi, sterkte met jou KI. En ek moet sê ek haal my hoed vir jou af met al die BD. My ML sukkel maar met my...
Welkom aan al die nuwe dames!!
Stella, Lalie, Zarah, Hopeful, Lagogies, Debs en al die res, wees gegroet en weet al is ek nie elke dag op die forum nie is elkeen van julle elke dag in my gedagtes. Wanneer laas het iemand van Strikkie gehoor?
AFM nie veel nuus nie. Woes besig met reelings tref, maar dit lyk darem asof alles vir die troue nou uitgesort is. Of at least 95% van die goed. Ek is 'n pro as dit kom by beplanning en spreadsheets

Ek is vandag op CD1 en het besluit om eerder volgende siklus IUI te doen, want dit gaan mos eerste keer 'n sukses wees en dan is ek net 4 maande swanger op my troue en sal dit nog nie so obvious wees nie
Lekker dag verder vir almal en ek belowe om nou meer gereeld te kom inloer.