Môre almal
Hopeful, ek hou vreeslik styf duimvas vir 'n BFP! Was jy al vir die bloedtoets - ek hoop dat jy nie te lank hoef te wag vir die uitslae nie. Hou moed xxx Jou ML is awesome om daai toetse weg te gegooi het!!
MMCC, sterkte vir julle afspraak vlg Woensdag en ek dink steeds aan julle familie.
Snoekie, sy is te pragtig vir woorde!
Stella, hoe voel jy vandag? Ons twee wag maar nog saam
Naomi, en hoe voel jy oor daai follies? Ek hoop hulle is Saterdag perfek - lekker BD oor die langnaweek!
Zarah, hoop jy het 'n heerlike naweek weg - jy verdien dit. En ek hou nog steeds duimvas vir 'n BFP! x
Andie, nou het jy ons nuuskierig!
Halllo Zettie en al die ander.
AFM: Ek voel honderd maal rustiger as gister. Wag nog steeds vir AF. Ek het gister nie eers genoem dat daar 'n groot sist op my regter eierstok is nie. Julle ek voel so dom - ek het nie eers vir die fs gevra is dit 'n follie of 'n gewone sist is nie. Maar hy het gesê as AF oor 'n week nog nie gekom het nie, dan moet ek weer kom vir 'n sonar. So ek neem aan dis nie 'n follie nie, maar net 'n sist. Ek het kwaai hoof pyn gister en vandag en dis gewoonlik 'n teken dat AF naby is - of so hoop ek! Ek beplan wel 'n naweek weg saam met my ouers en suster (6 ure se ry van die Kaap af), maar ek sal eers moreoggend weet ry ons of bly ons. As AF natuurlik Saterdag begin, moet ons maar Sondag terug ry sodat ek Maandag vir 'n scan kan gaan. Weet nie of dit 'n lawwe idee is om te gaan nie, maar jissie om so te moet sit en wag en niks doen nie - en dan gebeur niks nie... Ons gaan maar die kans vat dink ek. Ek gaan sommer verlof insit vir môre.
Lekker dag almal!