Hi, Charne en al die ander dames
Gaan maar dol hierdie kant - Is vandag hard aan die leer, en twee pakke interne eksamens van my N5 klas lê vir my en wag om te merk. Urggh!! Die vakansie moet nou gou kom - Ons sluit die 10de Desember en begin eers weer die 12de Januarie! Hemel!! Ek en ML gaan bietjie PE toe - Sien baie daarna uit.
Wat my snaakse, baie kort af betref - Dit is nie die eerste keer nie. Die vorige keer was dit minder as 'n dag. Nie eers genoeg vloei om een tampon vol te maak nie (TMI!) Hierdie keer was dit so klein bietjie langer (so dag en half), en meer klonterige vloei. Dit was baie eina gewees. Ek is vandag CD 5 en van CD 3 af BD ek en ML elke tweede aand - Wil sy spermpies spaar en goed opbou. Ek het gehoor as mens dit elke aand doen, raak sy spermpies waterig en minder effektief. Hy gaan ook nou "free willy", om sodoende die giggly berries koel te hou. Ons eet gesonder en oefen ook elke oggend, so ons maak goed vordering.
Ek het nog steeds die snaakse CM - Dit is vir my baie vreemd. Ek is gewoonlik droog tot en met 'n dag of wat voor O, maar hierdie maand is dit anders. Soos ek genoem het, is ek rustig hierdie maand en gaan ek nie weer op die meds nie. Ek't laes week reeds 1kg verloor en hoop om hierdie week nog 'n kg of wat af te wees - Ek't begin dink my gewig is my probleem. So nou try ons van albei kante af om seker te maak ons is "reg" vir ovulasie tydperk - En dan hoop en bid ons dit is sulke tyd.
Charne - Ek het nie 'n swangerskap toets gedoen nie. Ekt myself belowe ek sal wag met die toetsie tot ten minste 'n week na my af veronderstel is om te kom, om sodoende nie weer so baie geld uit te gee om toetsies wat mens weg piepie nie. En toe kom my periode op CD 29, 'n dag later as normaalweg, en 'n dag vroeër as die vorige maand. So dit is veilig om te sê dat my siklus 29 dae lank is - ongeveer. Ek glo egter nie ek is swanger nie. Die sensitiwiteit in die boobies is weg. Ek het wel gister vreeslik lae rug seer gehad, maar dit kan ook wees dat ek skeef gesit het op my werk se stoel en so my lae rug seer gemaak het.
Wat dink julle hiervan - Ek het 'n gaan google, en ook al by my buurvrou gehoor wat dieselfde oorgekom het. Baie keer as 'n vrou op behandeling is, raak sy swanger met multiples - Sonder dat sy weet. Daar is komplikasies en een vd klein goedjies aborteer vanself - dit lyk vir jou soos 'n periode?? Dan dink jy dis 'n nuwe siklus, maar jy is steeds swanger met 'n ander een??? Ek weet nie. Ek is self deel van 'n tweeling - My ma het my twin op 12 weke swanger verloor (Ons was fraternal). My pa was dieselfde - ook tweeling, waarvan enetjie self aborteer het in die swangerskap. Dit is dus geneties. Sou dit wel dieselfde geval my is (Glo nie so nie), kan dit wees dat ek steeds swanger is, al het ek 'n "af" gehad...
Ok, genoeg van my... Sterkte aan al die dames. Wande - Is jy reg vir die nuwe maand? Ek dink so aan jou!
Fairymommy - Ek het op hierdie stadium nie my ouerpare gesê van my plan nie. Soms is dit vir hulle 'n groter teleurstelling as vir ons. My twee beste vriendinne weet wel - hulle het albei al kinders en hulle ondersteun my baie. ML weet ook. Dit hang maar af van jou en hoeveel druk jy kan vat van buite af. Ek voel dat as my ouers weet ons probeer en ons is nie suksesvol nie en ek sien hulle teleurstelling, dat ek hulle gefaal het. So ek bly tjoepstil tot ons weet...
Swartkat - Ek gaan hierdie maand vir die eerste keer OPK's gebruik. Kom ons hoop dit werk!
Ek sal later weer bietjie gesels - Moet net eers aan die leer kom. Anders dop ek more se vraestel!