Hello julle. Skies ek post nie so gereeld nie, tussendeur die werk (onderwys is nie 'n 8-1 werk met 4 vakansies 'n jaar nie

) en die eksamens (ek studeer sielkunde) kry ek maar min tyd op die oomblik vir iets anders.
Twinkle- Wow! Baie geluk! Dis wonderlike nuus! Baie gelukkige en gesonde 9 maande vir jou!
Tanzie- i think it's safe to say you can start to BD every other day. Are you going to use Ov sticks?
Hbwoman56- hello jong, welkom hier

. Baie jammer om van jou miskraam te hoor. Mens raak nogal ongeduldig en wil soms die natuur aanhelp en aanjaag! Ai as mens net kan.
Fairychild- Waar in jou siklus trek jy nou? Ek haat 'spotting' dis alewig vir my 'n teken dat ek die maand uit is. Het nog nooit die 'goeie' spotting gehad nie. Baie sterkte vir jou hoop dis goeie nuus
Wanda- hi jong, hoe het dit toe gegaan met ML Donderdsg in die teater? Kon julle al die uitslae by die dr kry?
Swartkat- Dis baie goeie nuus! Ek gaan nou stupid klink, maar waarvoor is jy op die Estrogeen?
Ek het elke maan 'n paar klein follies so 3-4 en dan 2 groot follies. Maar dis agv die Femara.
Anzelmama12- die enigste manier on te sien of jy follies het, en hoeveel is deur 'n scan. Ek is seker party dames kry ovulasie simptome. Ek weet ek kry verskriklike krampe die dag van 'O'. Ek al op Dr Google gelees by die medpages dat soms ovuleer jy te laat, dan is die eiertjie nie veel 'werd' nie. En my eie FS het gesê alhoewel ek op my eie ovuleer (baie selde) dit party maande nie goeie gehalte eiertjies is nie, al was daar 'n mooi follie.
AFM- ek voel verskriklik af gehaal. Ek het hierdie maand GEEN soos geen simptome nie. My borste is nie eers gevoelig of seer nie.
Ek is vandag 11dpo en het 'n pg toetsie gedoen. Die early detection pregnancy test van Clicks. En hy was negatief.
Om 1 of ander rede voel ek, ek is uit hierdie maand. Ek moet my progestroon pilletjies vat tot Woensdag (dag 14) want AF kom gewoonlik 2 dae na dit. Ek het lus en stop dit sommer nou. Sodat ek 'n nuwe siklus kan begin.
Een goeie ding is, ek het geen spotting gehad hierdie maand nie, wat def 'n 1st is vir my.
Dis regtig nie altyd maklik nie. My nefie en sy meisie van paar maande het gister aangekondig sy is swanger, en my vriendin.
Weet ons moet net vasbyt en glo. Sterkte julle! Hoop julle het 'n wonderlike week wat voorlê!
Xxxxx