× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 11 months ago #252252 by DieSwartKat
More julle!

Hallo aan al die nuwe Mommies-to-be, welkom by ons. Sien uit na al jul stories.

Jame, aai, my hart is seer vir jou. Jy klink asof jy baie braaf is, maar ek is seker julle is bitter teleurgesteld. Dit help darem om 'n plan te hê, sodat mens altyd iets het om na toe te werk. Net nie moedeloos raak nie, ek dink jou lyf is bietjie sat van al die ander metodes en sal sommer gou-gou saamwerk na 'n ruskans van 'n siklus of twee.

My siklus was bietjie snaaks hierdie maand. 27 dae ipv die gewone 30-32 dae. Ek is nou by CD 7, het vanoggend uit snaaksegeit my ovulasie-mikroskoop toets gedoen en dit is oorheersend negatief, maar daar is 'n effense aanduiding van aankomende ovulasie. Weet nie of julle weet hoe dit werk nie, maar die mikroskoop wys 'n spesiefieke tipe vorm wanneer jy ovuleer (of nie). In elkgeval, ek skat die toets behoort positief te wees teen Sondag/Maandag, sal dan bevestig met 'n gewone OPK. Dis baie vroeer as wat ek verwag het, maar bly dat dit uiteindelik tyd is om weer te probeer!

Lekker naweek vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252249 by Jame
Nou dat ek almal hello gese het...

BFN vir my! :cry:

Ek is hartseer, maar darem nie so devastated soos na my vars IVF nie.

Moet eerlik se ek is besig om BAIE vinnig oor hierdie hele ttc ding te kom.

Ons sal Januarie na Vitalab toe gaan vir ons eerste en enigste IVF daar, maar laasste IVF probeerslag. Dis nou amper silly season, en frankly is ek nou bietjie gatvol vir scans, spuite ens....was aaklige jaar!!!

Enigste pluspunt....ek sien kinderlik uit na 'n stewige glas wyn vannaand!

Tatta!!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252248 by AnzelMama12
Hi Jame en al die ander dames

Ek is vandag CD 28. Geeeeen teken van AF nie. Gister vreeslike krampe gekry aan beide kante. Asof die ovaries gesquish word. En het ook melkerige, waterige cm - voel heeltyd "nat", as julle verstaan wat ek bedoel. En gisteraand het my man my geterg oor iets, toe is daar 'n tranedal. Ek is nie 'n emosionele mens nie en huil nooit nie. My man het hom dood geskrik. Verder het ek konstant 'n hoë temp - moes deur die nag opstaan om die fan aan te sit, was sop nat gesweet. Rug seer, kopseer en algeheel moody. Ek is ook ongelooflik moeg. Slaap in die middae na klas vir so 2 of 3 ure, dan begin ek weer gaap so teen 8uur die aand. Slaap vir 7 tot 8 ure deur die nag ook. Bb's nog steeds seer. Selfs as manlief 'n drukkie gee. Selfs sooibrand - haat dit, het so opgestaan vanoggend. En die reuk en smaak van vleis en hoender glad nie aangenaam nie. Ek sien al hoe verander ek in 'n vegetarier. Lol!

So ek weet nie. Gaan nog nie toets nie. My siklus is gewoonlik 28 dae, maar laesmaad was dit 30 dae. So ek gaan wag tot Maandag. Sal julle op hoogte hou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252247 by Jame
Hello julle

Oe hier is nou baie nuwe naampies, nou moet ek kop hou. :) Welkom by ons!

Wanda, Anzel update gou bietjie? Anzel af krampe kan goeie krampe ok wees? Waar in jou siklus trek jy nou?

Charneq, ek is ok 'n medespotter maar voor ov. Eers gedink dis estrogeen vlakke maar uitgevind dis toe al die tyd my baarmoeder. O JOY!

Fairymommy hoop jou derde enetjie kom sommer vinnig. My ML werk ok baie oorsee, dis nogal lastig as dit by ttc kom ;)

Meisiekind, Tinktinkie....HELLOOOOOO

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252245 by charneqsmith
Hello julle.
Ek is nuut hier op Moomie. Was verbaas (en opgewonde) om 'n Suid-Afrikaanse website te kry waar mens lekker kan gesels en mekaar ondersteun.
So vinnige ietsie rondom om, Ek is 27 en manlief is 30 ons ttc al vir 14 maande. Ek was op Depro Provera (inspuiting) en dit het my siklus heeltemal omver gegooi.
Ek is nou op my 3de siklus van Femara. Ek ovuleer selde en as ek doen is dit baie ongereeld.
Ek is ook 'n 'spotter'. Om een of ander rede begin ek spot na ovulasie en dit hou aan tot AF kom. My FS het my nou op progestroon ook gesit, maar die spotting kom steeds.

Ek is baie opgewonde en sien uit om saam julle te kuier.
X

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252243 by AnzelMama12
Welkom by ons, Fairymommy. Sterkte vir jou ttc.

Wanda, ek voel saam jou. Ekt steeds nie getoets nie. Is bevrees dis dalk nie nodig nie. Kry van vanaand af tipiese periode krampe. Ek kan sommer huil. Nog steeds geen teken van af nie, maar ek weet sy kom. En my moed skoon gebreek.

Ander vroue laat dit soms so maklik lyk, regtig.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252240 by Fairymommy
Hi almal

Ek is al van 2011 op moomie maar onaktief (nie meer nie)
Ek (30) en DH 31 probeer nou vir maand 6 vir baba no 3. Het 2 pragtige seuns 4 en 5 jaar oud wil so graag dogtertjie he. Dr het my nou op 1000mg Glucophage (vir PCOS) maar ek nog steed nie swanger toe. Moet nou 1500mg begin drink. DH werk oorsee so sien hom elke tweede maand. Dr wil eers Clomid begin as ons binne jaar nie swanger is nie :cry:

het Mirena ingehad tot April 2014 vir 4 jaar

Sien uit om saam met julle almal die paadtjie te loop

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account