× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 11 months ago #252185 by AnzelMama12
Lyk my ek en jy is in dieselfde bootjie, Wanda. Ek het nog nie hierdie maand getoets nie. Te skyt bang vir nog 'n negatief. Ek was gister skoon depressief. Wil so graag babatjie hê. My vriendin se babatjie is vanoggend via keiser gebore en weeg 4kg! En nou is ek nog meer broeis as ooit tevore.

Ek gaan ook wag tot die naweek om te toets. AF is veronderstel om teen Vrydag sy verskyning te maak. Ek hol kort kort badkamer toe, want dan voel dit asof ek begin vloei, en dan niks. Krampe ook soos periode pyne. So ek het so 'n vae vermoede AF is oppad, weet net nie wanneer nie.

Ek het ook besluit om nie met die nuwe maand op clomihexal behandeling te gaan nie. Nou gaan ek dit oorlaat aan die Here se genade en Sy wil.

Sterkte vir jou, skat. Ek hou vir jou duim vas dat dit steeds 'n BFP is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252182 by Jame
Hello julle!!!

Meisiekind ek is mos die spotting girl hier tussen ons ;) ! Dit kan verseker en is 10/1 jou estrogeen vlakke. Regtig nie groot issue nie. Ek weet daar is paar derglike oorsake ook, maar nee wat dink nie eers dis nodig om so ver te gaan nie.

Wanda, sterkte jong. Soos jy se jy het nog nooit positiewe hpt gekry nie, so jy is verseker nie uit die rondte nie!

Helo al die ander. Askuus ek tik net vinnig, baie besig by die werk xxx

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252172 by wanda
More Dames

Van oggend is nie so lekker soos ek wil he dit moet wees nie. Het getoets met n Clear blue toets en wat n BFN so ek probeer regtig net kalm te bly en af het nog nie gekom nie so ek is ook no PUPO.

Ek kan nie te veel in die simple POAS lees nie was 3 keer swanger en nie 1 POAS was positief nie. Ek vat dit nou maar dag vir dag.

Net vinnig iets met julle deel ek het Dinsdag en woensdag gegaan vir IUI dokter het maandag die Follicles gesien 1 20mm en een 10mm Maar ek dink eerlik waar ek het eers die Vrydag ge O ek het die pyne gehaat vrydag en weer erg sondag en dit was defnitief O pyn so miskien net groot miskien toets ek te vroeg. Maar wil nie my hopes te op kry nie.

Manlief se ons moet die naweek uit wag en kyk of AF op gaan daag.

As daar geen AF is teen maandag nie kan ons n bloed toets laat doen.

Indien die roindte nie gewerk het nie is ons vir eers klaar tot manlief die Uroloog gaan sien het.

Sterkte vir almal. Jame ek dink aan jou en jy is in my gebede.

Wel lekker dag

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago - 11 years 11 months ago #252170 by Lagogies
Meisiekind dis redelik algemeen. En dis een of ander wanbalans

se net jou fs as jy weer gaan, sodat hy net kan kyk en ietsie voorskryf as nodig

jame en wanda en almal in 2ww - ek hou duim vas vir goeie nuus

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252169 by Meisiekind
Goeie naand dames

Eerstens vir Wanda, ek dink jy't die regte plan beet om môre te POAS op 14dpo en Donderdag bloed te trek. As mens 'n plan het is dit ook al makliker. Dis normaal om bang te trek voor jy moet toets, so moenie worry daaroor nie. En vat dit een stap op 'n slag - om nou te worry oor wat volgende sou gebeur indien dit nie nou suksesvol is nie, sit net onnodige spanning op jou. Elke ding op sy tyd. Hoop regtig dis goeie nuus môre. :heart:

Ja nee, Swartkat en Jame sou verseker al teen 13dpo ge-POAS het. Ek natuurlik ook. :blush:

Lagogies het eendag na 'n IVF of IUI iets gesê waarvan ek gehou het: sy sê sy is PUPO - pregnant until proven otherwise - en in my opinie is AF die enigste ding wat regtig verseker sê dat dinge nie uitgewerk het nie. So selfs met POAS wat negatief wys (veral as jy voor 14dpo begin) is daar nog 'n kans dat dit wel BFP is as AF nie opgedaag het wanneer dit veronderstel was nie.

Jame, dink nog altyd aan jou en die 1ww. :heart:

Julle, ek was vanoggend so bietjie afgehaal. Dis CD16 vir my en nog nie tekens van ov nie, maar ek spot nou al heeldag helder rooi. :tmi: :unsure: Eerste keer dat dit met my gebeur. Ek doen getrou elke dag my charting (BBT, CM ens. met OPKs) en dis definitief nie iets soos ovulation of implantation spotting nie. Reken dit kan ook nie lae progesteroon wees nie, want ov het definitief nog nie gekom nie.

Het natuurlik bietjie gaan Google. Blykbaar kan 'n skielike verandering in estrogeen vlakke so iets veroorsaak. 'n Paar meer erenstige goed word ook genoem, maar ek is nou nie iemand wat die bobbejaan agter die bult gaan haal nie. So my logiese afleiding is dat my estrogeen vlakke nog altyd te laag is met die dat ek geen meds die maand kan gebruik nie. Het gehoop die Inofolic sou help daarmee. Nou moet ek seker maar wag en sien wat gebeur volgende. Het een van julle al so iets tee gekom?

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252158 by wanda
Dankie Julle dit word nou baie erg senutergend en ek is asof ek bang is.

Die onsekerheid maak my mal die se nou en se nou nie.

Dit het my net eweskielik oorval. So ek het besluit om vanaand n Stokkie te koop en dan more oggend te POAS en wat ook al die uit koms sal ek donderdag oggend wil gaan bloed trek.

Ek kan net vir julle een ding se ek weet nie wat sal ons volgende stap wees as dit nie werk nie want ek sal nooit die geld he vir die Invitro nie.

Ek weet ek kla net maar dit voel of die wereld net erg onregverdig is..... Dokter het wel gese as dit nie gewerk het nie of al het dit ook gewerk sal manlief dringend by n uroloog moet uit kom.

Wel mensies ek kan net bid dat God my asb rustig kan maak en my hier deer dra

Lekker aand vir almal

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252156 by DieSwartKat
Wanda, ek sou ook al getoets het. Ek is een van "daai" wat al op 9dpo regstaan met die stokkie. Nog nooit in die verlede het ek dit tot by dag 13 gemaak nie. Hierdie is mos maar 'n sport vir 'n klomp ongeduldiges!

Sterkte en laat weet sodra jy getoets het!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account