Hello almal
Julle is weer bedrywig vandag!
Wanda, bly om jou meer positief te sien. Dis beter dat werk jou eerder besig hou in die 2ww, eerder as wat mens jouself mal maak met jou eie gedagtes. Kom ons hoop daai moegheid is vir 'n goeie rede.
Fairychild, ja, dit was 'n vreeslike lastig virus gewees. Hoop hy's nou vir goed verby. Jammer om te hoor oor AF, maar soos jy sê, dis 'n nuwe maand en nuwe hoop.
Tinktinkie, ons wag nog vir ov (alhoewel ons ook huiswerk gedoen het vir sommer net

) en reken dit sal op die vroegste seker eers Donderdag se kant wees. Ek ov mos maar altyd eers so by CD18 en is nou eers CD15. Op die oomblik is die tekens nie daar dat ov binnekort gaan wees nie. Sterkte vir jou siklus en FET - hoop alles speel mooi saam die keer op 'n normale siklus.
Swartkat, jammer om te hoor AF is so erg die keer - dis maar nooit lekker nie. Hooplik die begin van goeie dinge.
Anzel, welkom hier! Lekker om nog iemand te hê wat saam gesels. Jou simptome klink belowende, maar ek moet ook darem vir jou sê dat baie simptome van vroee swangerskap stem ooreen met die van PMS (en 'n klomp ander goed), so mens moet nooit te opgewonde raak nie. Ek sou immers al hoeveel keer swanger gewees het as simptome alleen 'n aanduiding was, want ek kan mos nie help om die heeltyd "simptome spotting" te doen nie.

Ek het gevind dat die effek van Clomihexal allerhande geringe newe-effekte kan veroorsaak, so dis ook moontlik. Probeer maar rustig bly - jy en ML is nog jonk en daar is nog baie tyd (ek weet mens wil dit nie hoor nie). En probeer maar die POAS goedjies vermy tot ten minste 12dpo, anders kan dit baie begin kos - glo my, ek sal weet. Het al baie opgelees om te sien hoe effektief die toetsies is voor 14dpo en daar is eintlik maar baie mense wat eers BFP sien van 14dpo af.
Jame, as die week nou al vir jou al lank voel op 'n Maandag, is "Sterkte!" al wat ek kan sê. Dink aan jou!
Lekker week almal!