× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 11 months ago #251808 by Nunukie
Hi Jame

Jy mag vent en jy mag vra HOEKOM! Dit is menslik....ek dink as mens dit nie doen nie, is jy nie "human" nie.

Weet jy, ek is 'n gelowige. Ek het tot bekering gekom in 2008 en my lewe verander. Ek het ophou rook, drink, vloek. Ek het kerk toe gegaan en regtig 'n pad met die HERE begin loop. Toe ons begin ttc het ek gedink dit gaan 'n "walk in the park" wees..maar toe nie....Ek kon dit ook nie verstaan nie? Voglens die familie was on die PERFEKTE huwelikspaar. Finansieel, emosioneel en geestelik was ons "GEREED"...of so het ons gedink, maar dit was nie die regte tyd vir Die Here nie.

Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.

Dit het ons nou 7 jaar geneem om ons BFP te kry. Ek weet sonder 'n a titseltjie twyfel dat dit die PERFEKTE tyd is. Eerstens het dit my geloof en afhanklikheid van Die Here versterk. Ek en ML kon ons verhouding versterk tot op 'n vlak wat ons soms verbaas. My ouers is afgetree en my ma kan nou na die babatjie kyk tot hy/sy oud genoeg is vir 'n creche....ALLES werk net perfek uit. Daar is nog hordes goed wat ek kan opnoem....

Ek troos my altyd daaraan dat Die HERE alles weet...ook wat in die toekoms gaan gebeur...Hy mag jou of jou babatjie dalk net bewaar van iets wat hy weet sou of gaan gebeur....Hy kyk spesiaal uit vir jou.....
Die Here het die proses (ttc) PERFEK gemaak....Ongelukkig is dit die WERELD en die mens wat soms verkeerde besluite maak of dinge doen, wat ons beinvloed...al hoe meer vroue sukkel met vrugbaarheid....ek glo dit is ons leefstyle en swak gehalte kosse van vandag se dae....en en en

Anyway...lang storie kort....Die Here verstaan jou hartseer....jy mag vra hoekom en waarom....Die pad is nie maklik nie....GLAD NIE...maar ek glo dat dit bietjie makliker is met DIE Here wat saam jou stap...

Strongs en stywe drukkie vir jou :heart:

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251804 by Jame
Julle weer ek!!

Praat van vent, ek het nogal diep sakie om aan te raak. So as jul nog nugter maag het gaan eet eers, of gaan gooi eers bietjie brannas in jul koffie..OF trek die Psalm boekie nader ;)

Ek beny jul en ek het absolute waardering vir jul almal se geloof. Di emanier waarna jul altyd na die ou ttc situasie kyk en deel maak van jul Geloof.

Ek is maar swak, en telkemale vind ek myself in een hengse onderonsie met Die Here. Hy het vir ons pragtige dogtertjie net so gegee. Ons is sooo lief vir haar. En so dankbaar vir haar , so ek sit met die absolute dankbaarheid, maar dan ook 'n "versigtige" teleurstelling. Want dit wat ek vir haar die graagste wil gee kan ek nie. En omdat ek nie kan nie vra ek HOEKOM? Wat doen ons so verkeerd met haar dat ons nie nog een gegun word nie. Ek verstaan dit nie.

Ek weet daar is 'n plan vir ons en 'n "mooi deel afgemeet". Ek weet dit maar hoe pas die struikelblok nou in dit als. En hoekom juis dit. Terwyl ander kinders uitpop soos gumball machines?

Daar is geen antwoord seker nie, so ek vent maar net. Hoop nie ek vat iemand id gesig nie.

Mooi daggie.

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251803 by Jame
Lagogies dis wonderlike nuus!! Jy moet asb aanhou inloer en update. Ek self stap nou 18 maande die padjie van ttc vir #2. My stats is nou maar "eers" 2 IUI's en 1*IVF. So glo my as ek se ek in ekstase vir jou part. Dis nou wraggies 'n padjie wat mens nooit sal verstaan totdat jy nie self in dit is nie. En soos ek al gese het, jy was altyd postifief en altyd vol moed!!

Was gister vir my CD11 scan. Lyk my die siklus gaan nou weer langer wees, ek moet hom Vrydag gaan sien weer vir scan FS se hy gaan nie my tyd mors om nou al te begin metd ie bloedtoetse vir ov nie, dis nog hele ent ver. :dry:

Tinktinkie, toe mos nou glad nie die guts gehad om hom te vertel nie, hahahaha. Julle en ek is nie eens suutjiespoep mens nie, maar o wee sulke goed maak my nervous.

Lekker dag julle. Fairy wanneer toets jy?

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251799 by Lagogies
Hey almal

Wil net gou update: Sondag (13dae na ov) was my beta 91
Gister (15dae na ov) was dit 243 op die stadium gaan ek dan ook nie weer toets nie.

Omdat julle na aan my hart is gaan ek steeds kom inloer en bietjie comment. Miskien ietsie war ek ondervind met swangerskap of sommer net iets vir julle. Laat my asseblief weet as dit julle ongelukkig maak omdat julle nog sukkel met ttc. Ek weet dis moeilike paadjie en hier kan mens lekker vent. TTC is iets waaarmens die ondersteuning nodig het. So as jy nie iets van my wil hoor nie -private message my of watookal. Die forum is waar mens jou sanity behou en ek gun julle al die ondersteuning.

Ek bid vir almal dat TTC lekker kort sal wees. Ek het my signature gister verander. Kan julle glo dis al 3IVFs en 9( of 10) IUI later! En dit net oor ouderdom en min eiertjies! Verder is ek en manlief eintlik fine.

Moenie moed opgee voor jy kan berus daarmee om sonder kids oud te word nie.Ek lees gister n baie waar ding:
IT IS DIFFUCULT TO BEAT SOMEONE WHO DOES NOT GIVE UP!

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251790 by Tinktinkie
Jamé, ek weet ook nie of ek die guts sou hê om dit te noem nie, maar dink tog dis nodig dat hul hoor daar was n ander probleem. Dalk sit daar n ander pasient wat dit nodig het.. Hou duimvas vir nog n goeie scan!!

Fairychild, o jinne, ek suck ook in die geduld afdeling! Maar ek kry n projekie gewoonlik in 2ww. Stap gereeld. Mission in n kamer in, kry ander mense om op te fokus.. Sterkte!!

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251762 by fairychild
LOL Jame. Moet my nie in die versoeking lei nie :laugh: EK het myself belowe om nie swangerskap stokkies te koop to ek eerste dag van AF mis nie. Dit vat baie selfbeheersing om daai piepie stokkie rak mis te loop

Me: 35
DH: 38
TTC since Sept. 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251761 by Jame
Tinktinkie ekt ni eens daaraan gedink om vi FS te vertel ni. Jyt goeie punt beet. Sal maar kyk of ek dit vanmiddag regkry ;) .

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account