× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 11 months ago #251928 by fairychild
Hi almal,

BFN Het nog steeds pyne maar AF het nog nie opgedaag nie. Siklus is partykeer 30 dae. Sal wag tot Woensdag en weer toets as AF nog nie hier is nie.

Swartkat - sulke stories vat nogal diep aan mens se hart en bring vrese te vore. Dit laat my elke keer besef watter groot wonderwerk elke gesonde baba is. Ek hoop dit is net 'n vals alarm

Me: 35
DH: 38
TTC since Sept. 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251921 by wanda
More Dames

Ek hoop almal het n wonderlike naweek gehaat.
My naweek was besig maar lekker ek het saterdag my eerste groot Doop koek gebak was n groot sukses
Is in my skuk oor hoe hy uit gekom het. Gister bietjie in die tuin gewerk. Deesdae kan ek glads groen vingers
he eerste keer in jare dat my saad wat ek plant so mooi groei

Meisiekind ek hou styf daar aan vas dat God my beskerm het. Het ook vir manlief gese dit gaan n storie wees om vir die baba eendag te vertel.
Ek is dankbaar ons is veillig en het myself voor geneem niks sal my onder kry nie.

Tinktinkie ek is nie seker nie het n vrees vir POAS. Dokter het ook glad nie gese van wane af ek kan toets nie sal maar sien hoe ek voel miskien toets ek so so die 15 Okt is glad nie goed met die toets deel nie was 3 keer swanger en het nie 1 positiewe pee toetse gehaat nie.

Verder hoop ek dit gaan goed met almal en hoop julle het almal n geseende week.

Baie baba gliter vir julle almal. :laugh:

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251914 by beehen
Goeie more dames

Hoop elkeen van julle het 'n lekker naweek agter die rug gehad.

Dieswartkat - Sjoe dis soooooo moeilike situasie, net hoop & bid dat Onse Vader saam die baba sal wees en 100% gesond sal wees. My skoonsussie & 'n vriendin van my was by dieselfde gynie gewees en hy het vir hulle albei gese lyk asof daar abnormaliteit by die babas was, albei se babas is 100% gesond. Kan onthou in watter toestand hulle albei in was..........

Net bietjie update oor myself aangesien ek baie lanklaas gepost het maar volg nou en dan as ek kansie kry. Nog geen BFP aan my kant, Dag 3 van AF, my 2de buisie progesterone roompie is klaar moet nou my finale een bestel van Labortorium af. Hopelik glo ek my baarmoeder wand het al verduk. Ons het ook besluit as niks by einde Nov gebeur nie gaan ML vir spermanalise net om te kyk of alles 100% aan sy kant ook is. Al 2 en 'n halwe jaar van TTC.

Baby dust vir elkeen van julle :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251909 by DieSwartKat
Hallo julle,

Hoop dit gaan goed met julle almal, ek het so bietjie gespioeneer en al jul updates gelees maar nie veel self gepost nie.

Vinnige update or my, ek is goed oppad na my eerste maand se TTC toe. AF is (hopelik) vlg week Dinsdag, en dan sal ons maar sien hoe dinge gaan. Doen elke dag my Inofolic, pregnacare vitamins en eet gesond. Ek kan steeds nie 'n stukkie chocolate weerstaan nie, maar ek reken dit kan nie te skadelik wees nie.

Julle, ek moet julle 'n goor-storie vertel. Julle sal dalk onthou dat ek vroeër geskryf het van 'n kollega wat in Julie na haar eerste IVF swanger geraak het, na 5 jaar se probeer en allerhande ander goeters beproef. Sy was Donderdag vir haar 12 weke ondersoek en het uitgevind dat daar 'n 85% kans is dat dit 'n seuntjie is. Groot opwinding, julle kan net dink.

Ek het vanoggend gehoor dat sy Vrydag middag teruggeroep na die Dr toe, het toe gehoor daar is 'n groot kans (effens meer as 1 uit 3) dat haar babatjie 'n genetiese afwyking het. Sy sal nou op 21 Okt gaan vir amniosintese om te bevestig, en van daar af 'n besluit sal moet maak oor terminasie. Sy is teen die grond, en ek voel asof my hart uit my borskas wil skeur. Om na so lang geskukkel nou moontlik jou baba te verloor. Dis hartverskeurend.

Sy het die nuus per epos gestuur en net gesê sy is nie sterk genoeg om daaroor te praat nie, ek het maar net teruggestuur dat my hart seer is, en ons sal daaroor praat wanneer sy reg is. Die Liewe Heer moet tog asb net vir my die regte woorde stuur, want ek weet nie :cry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251905 by Jame
Hello julle.
Meisiekind lekker om v j te hoor. Dankie ok vi jou mooi woorde.
Ek dink jul pva is net so goed deurdink. En ek bid en hoop ook dat jul ni eens hoef terug te ga fs toe ni.

Fairy amper maandag.xxx

Tinktinkie bly jy is rustig. Glo ov sa binnekorr gebeur.

My gesin vat n middagslapie en ek sit alleen wakker. So verveeld hehe.

Geniet laasste bietjie van jul naweek.

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251903 by Meisiekind
Hello dames

Verskoon tog dat ek so ongereeld post - net hopeloos te veel hooi op my vurk. En dan gesels julle ook nog oor sulke gewigtige goed. :P

Jame, ek dink ons almal vra van tyd tot tyd hoekom ons hierdie pad moet stap. Wat belangrik is, is dat ons moet aanhou onsself herinner dat God se plan die regte pad is. Ons sal nooit werklik gelukkig wees as ons buite Sy wil leef nie, al kry ons alles wat ons wil hê. Al verstaan ons nie nou nie, eendag sal ons wel sien hoekom dinge nou juis so moet gebeur. Ek het self vir 'n lang tyd gesukkel met die gedagte dat my seuntjie al hoe ouer raak en daar geen boetie of sussie is nie (en jy weet mos dit help nie dat almal die heel tyd vra daaroor nie). Iewers langs die pad het ek besluit om oor te gee en nie te dink dat my idee van 'n 2 jaar gap die regte ding sou wees nie - wie weet, dalk het hy juis nodig om bietjie langer al my aandag te kry voor hy sal moet deel met nog 'n kind in die huis. Wat ek wel weet is dat ek ongelooflik baie geleer het die laaste 16 maande van TTC. Veral 'n mens se geduld word baie beproef. Ek het lank terug iemand se verduideliking gelees wat sê dat geduld is wanneer jy wag op iets terwyl jy 'n goeie gesindheid (attitude) het. So ek probeer maar altyd myself vra of my gesindheid nog reg is. Daar is eintlik so baie goed wat ek geleer het, dat ek nie eers nou alles kan opnoem nie. Weet net dat ons almal daar deur gaan en dat jy enige tyd hier kan afpak en raad vra.

Wat betref jul PVA, ek is baie bly om te hoor dat julle vir FS #2 ook 'n kans gaan gee indien dinge nie nou uitwerk nie. Dit voel soos die beste besluit wat julle kon neem, nie net om dit so te doen nie, maar ook om vir julle self 'n kort termyn plan op te stel sodat julle min of meer weet wat kom. Ek bid regtig dat dit sal vrugte afwerp (en sterkte vir volgende Vrydag se terugplasing). :heart:

Fairychild, sterkte vir die laaste deel van die 2ww - ek hoop ook daai pyne is nie wat jy dink dit is nie. :heart:

Wanda, sjoe, dit klink of dit hectic gaan daar by jou. Dankbaar dat julle veilig ander kant uitgekom het. Mens kan maklik vra hoekom moet die goed juis met jou gebeur, maar terselfde tyd voel dit vir my asof die Here juis vir jou wys dat Hy jou beskerm deur dit alles. Dinge kon lelik skeef geloop het, maar jy't ongedeerd hiervan afgekom. Hou vas aan hierdie gedagte wanneer dit voel of dinge te erg raak en herinner jouself dat God by jou sal wees, net soos wat Hy tot nou toe oor jou gewaak het. Sterkte vir jou 2ww ook! :heart:

Tinktinkie, dankie vir jou blog links. Het al begin om daar deur te lees. Ek glo ook ov sal gebeur wanneer jou liggaam gereed is, alhoewel vir jou onthalwe hoop ek dis nou binnekort. :)

Afm, ek is op CD6 vandag. AF het my eintlik baie goed behandel die keer in vergelyking met vorige siklusse op meds. Ek was bang dat AF dalk nie gou sal ophou nie, omdat ek nie enige meds gebruik die siklus nie, maar alles verloop goed sover (wie weet, dalk is dit die Inofolic wat help dat my estrogeen vlakke so mooi saamwerk). Ek is veronderstel om my FS binnekort te gaan sien, maar ek en ML het toe besluit om nog bietjie te wag daarmee. Ons voel dat veral omdat ons nie die laaste siklus kon probeer nie, ons dit nog nie genoeg kans gegee het voor ons ons PVA heroorweeg nie. Vir nou is die plan om te kyk of ek self ov die maand. Indien dit BFN is, of as ek glad nie ov nie, dan gaan ons nog 'n siklus op meds doen (ek het nog 'n voorskrif) voor ons terug gaan na die FS. Natuurlik hoop ek dis nie nodig nie. :)

Lekker week vir julle almal!

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #251898 by Tinktinkie
Hi julle!

Jame, klink vir asof julle n meester plan daar beet het! Bly jul kon daaroor praat en besluite neem. Stem saam, ek sou ook altyd gewonder het. En dit help dat die druk dan nie so erg is op die siklus nie... Volgende Vrydag!! Jey! Dis sommer om die draai! Sterkte, hoop tyd gaan lekker vinnig verby..

Fairychild, hoop saam met jou dis nie period pyne nie, maar pyne van goeie nuus. Sterkte, die paar daggies net voor mens AF verwag os altyd vir my die heel ergste xxx

Wanda,mjulle het n lekker eventful week agter die rug, wanneer gaan jy toets?? Sterkte vir die wag!

Meisiekind, hoe lyk dinge aan jou kant? Dis n meds en dr vrye siklus vir jou ne?

Afm, the waiting continues, is op dag 31, maar einrlik heel rustig, glo ovulasie sal kom waneer my lyfie weer reg is na al die meds.

Hoop jul het n lekker naweek!

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account