× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 11 months ago #252070 by wanda
Hi almal wat n rowwe dag

Meisiekind baie dankie vir jou moed in praat ek wardeer dit baie. Ek het nooit gedink die 2ww sal so rof wees nie.

Jame wees positief en weet dat God se hand altyd in jou lewe is. Ek wil jou iets vertel wat met n vriendin gebeur het. My vriendin het haar 2de ifv gedoen toe sy die eiertjies laat uit haal het was daar net 2sy het by my kom staan en huil haar woorde aan my was die 1ste keer het hulle 4 eiertjies gehaat en net 1 het gevat wat is haar kaanse met net 2 ek het haar getroos en gese God is groot en by hom is alles moontlik sy moet net glo. Ek het vir haar gebid en saam haar geglo en sy was swanger met n tweeling. Sy het daai twee manetjies vol term gedra so ek se vir jou ook Glo en Vertrou ons aanbid n God van wonderwerke

lekker naweek almal

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252068 by Meisiekind
Jame, dankie dat jy kom update. Jammer om te hoor dat daar nie meer eiertjies oorleef het nie, maar soos jy self weet dit vat net een en joune is goeie gehalte!

En 'n 1ww is definitief 'n voordeel van die proses - minder tyd waarin jy jou emosies ens moet hanteer. Sterkte! :heart: :heart:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252066 by Jame
Hello julle.

Uit al di eiertjies het net twee oorleef. Die embroloog se hul is baie goeie gehalte.
So nou hoop en bid ons net dat die goedjies sal heg. Hul het klaar gehatch.
Bonus, die keer is dit darem ni 2ww ni maar 1ww.
Ek toets vgl Sat. Dis nou bloedtoets waarvan ek praat.
Sal probeer uithou tot Do voor ek di stokkies nader trek :P

Mooi nawekie vi jul almal.

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252064 by Meisiekind
Middag dames,

Julle het omtrent gesels vandat ek laat gepost het. Ek baklei nog altyd met dieselfde verkoue virus en kom net nie sover om te post nie (dit gaan maar dol wanneer die hele familie siek is, want dan tel mans ook mos as kinders :P). Vandag op CD12, so sal seker binnekort die OPKs begin nader sleep in die hoop dat ov een of ander tyd in die komende week opdaag. Mens weet nooit! Hoop nou net dat ek gesond genoeg raak om al die verkoue pille te los voor dan.

Jame, hoe het dinge afgeloop vandag? Sterkte vir die wag. Ek glo die regte ding sal gebeur! :heart:

Twinkle, dankie vir die lang stukkie wat jy gepost het - het dit baie geniet dat iemand woorde aan gedagtes wat ek ook het kon sit. :) Hoe gaan dit aan jou kant? Julle is mos nog op homeplan, of is ek nou deurmekaar?

Beehen, ek stem saam met die ander dames. Jou ML moet gaan vir spermanalise en seker maak alles is 100% - anders veroorsaak dit net onnodige ongelukkigheid hoe langer julle TTC sonder sukses.

Fairychild, hoe lyk dinge aan jou kant? Het jy toe weer getoets?

Swartkat, jammer om te hoor oor jou vriendin. Ek hoop regtig dis nog een van daai gevalle waar dokters kyk na die odds wat nie goed lyk nie, maar dat daar eintlik niks fout is nie. Op jou vraag oor Inofolic, ek verstaan dat dit jou hormoon balans reguleer en dink darem nie dit sal noodwendig maak dat jou siklus vinniger is as jy al klaar 'n goeie gereelde siklus het nie. Hoe gaan dit nou aan jou kant? Het AF toe opgedaag en is die plan om hierdie maand al aktief te TTC?

Tinktinkie, die keer kan ek sê ek's bly om te hoor AF is hier! :P Gaan julle dus nou binnekort die eerste terugplasing doen? Sterkte vir jul PVA! :heart:

Wanda, dink jou! Dis nie lekker as mens so voel nie. Hormone speel definitief 'n rol en maak mens meer emosioneel as gewoonlik. Dit help om dit te weet en jouself te herinner dat dit net die hormone is en nie jy nie. Die afwagting in die 2ww laat ook die spanning meer opbou. Ek dink ook mens se absolute vrees vir 'n negatiewe uitslag maak dinge soveel meer gespanne en laat die emosies opvlam. Ek sê net-nou vir ML ek voel baie rustig oor alles op die oomblik en is tevrede met watter padjie die Here ookal vir ons uitgelê het, maar ek weet ook dat kom die volgende 2ww, al daai moontlik by die venster uit vlieg en dan is ek ook 'n bol senuwees en wil tog net nie negatiewe uitslae kry nie. So sterkte met die emosies en moenie te veel lees in enige pyne of skete wat jy voel nie - dit kan regtig enige iets wees en sê gewoonlik niks wat betref 'n positiewe of negatiewe uitslag nie. :heart:

Julle moet almal 'n lekker gatskop naweek hê! :woohoo:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252038 by wanda
Goeie naand dames
Ek chat nou maar van my foon af wat nie grond by die werk nie so dit help bietjie dat ek nie heel dag daar aan dink nie

Jame baie sterkte vir julle glo en vertrou alles sal goed uit werk dankie vir jou raad die huil ding werk vir my.

Swartkat dankie vir jou raad het toe n koppie tee gehaat en net probeer ontspan ek glo dat God my sommer binne kort sal seen met n pienk voet.

Tink ek het geen plan nie weet glad nie hoe of wat om volgende te doen nie. Manlief is so op my case vra kort kort wane is dit tyd om te toets ek het skoon vanaand vir hom gese asb hou net op jy vra my elke aand dieselfde vraag ek het nie n antw nie.

Ek het nog bitter min getoets in my lewe het n vrees vir daai stokkies

Manlief is baie meer opgewonde die rondte ek is so bang hy gaan dit nie maak as dit weer n negatief is nie

Dit is erg om te dink my dogter word 17 die 3 nov tyd het gevlieg. Dink vanaand daar aan boetie en sussie of hoe ook al gaan amper 18 jaar verskul. Maar dit pla my gelukkig glad nie.

Enige voorstelle wat moet ek doen wane en hoe sal wardeer word.

Lekker dux almal en sterkte

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252033 by Jame
Thanks julle oukies! Dat jul ok aan my dink :blush: !

Opgewonde oor more!!

Tinktinkie, YEAH vir AF! Bly die ou heks het uiteindelik opgedaag!

Swartkat sterkte met daai pyne en skete, ok nie sports om 'n vrou te wees nie....of nie aldag nie :laugh:

Wande, HUIL huil jou hart uit. Dis al raad wat ek het. More staan mens maar weer op en sien kans vir dinge van vooraf. Die meds help ok glad nie die saak aan nie. So kyk mooi na jouself, die 2ww is nie speletjjies nie, so doen iets lekkers.....al is dit hele boks choccies eet. Dink aan jou :heart:

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252032 by DieSwartKat
Hallo "chicks"!

Jame, netnou lees jy nie weer voor more nie, wil net sê baie sterkte en mag jou goue eier nou sy ding doen! Een van die dae het ons weer 'n BFP!

Well done ou Tinkie, dis omtrent tyd. Kan dink hoe verlig jy is, al is die volgende paar dae nou 'n pyn in die ***. Ek is altyd net excited vir CD1, maar die res van AF is 'n irritasie. Anyway, dis goeie nuus, dinge is aan die rol vir jou.

Wanda, my advies is om 'n vet chocolate te gaan eet. Niemand voel ooit depressief terwyl hulle choccies eet nie. En moenie die krag van gebed onderskat nie, ek dink meeste van ons oorleef slegs as gevolg daarvan. Afgesien van daai 2 goed het ek nie raad nie, dis sinneloos om vir iemand te sê om minder te dink of 'n stokperdjie te soek wat aandag sal aflei. Deurdruk, chocolate en gebed, jy sal daar uitkom!

Geen updates aan my kant, my maag kramp al heeldag asof AF hier binne my met haar hoë hakskoene dans, maar geen teken sover nie. Dis nog vroeg, sal maar dophou.

Baai julle, as julle my weer sien, is dit Vrydag :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account