More julle, jammer vir die lang afwesigheid, was weg vir 'n klompie dae.
Eerstens, aan God al die eer vir die engeltjie wat Hy vir Lagogies gestuur het. Baie geluk, mag jy bladsye vol in jou pregnancy diary skryf en elke dag onthou watter groot skat jy in jou lyf ronddra.
My gynae besoek was vrydag en was baie positief. My Nova is verwyder, sonder enige pyn, niks eers gevoel nie. Ek was heeltemal uitgefreak toe sy sê dat sy gou haar "tang" in die ander kamer moet gaan haal, maar dit was gelukkig net 'n grappie!
Sy het gesê dat ek net 1 maand moet wag vir 'n normale siklus, en daarna die BD-ding doen. Bietjie teleurgesteld want ons wou dadelik begin, maar wat is 30 dae nou? Sy het vir daardie rede nie vir my enige fertility pille voorgeskryf nie, ek is veronderstel om my ovulasie hierdie maand en volgende maand dop te hou en dan te bel vir 'n voorskrif indien nodig. Sy het wel....raai wat voorgeskryf? Inofolic! Was met vorige swangerskap ook vir 2 maande daarop.
My CD 11 was Saterdag, het 'n sterk positief OPK gehad asook 'n positief van die spoeg-mikroskoop toets

Maar, CD12 was beide toetse negatief, en vanoggend s'n ook negatief. Kan mens net 1 dag van die maand ovuleer, of was dit dalk 'n vals postief? Ek voel so deurmekaar soos 'n babatjie in 'n topless-bar!
Sterkte vir julle almal, soos julle almal aangaan bly ek binnekort alleen hier agter en gesels met myself