× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 4 days ago #251610 by Meisiekind
Sjoe Lagogies, jy sê dit so mooi. Sit sommer met trane in die oë toe ek dit lees. Ek bid dat God hierdie gebed van jou hoor en jou alles gee waarvoor jy vra. Mag jou toets einde die week 'n groot verrasing vir jou inhou (en mag daai bokse vir nog 9 maande in die kas vir jou wag). :heart: :heart:

Wanda, sterkte vir julle planne die siklus. :heart:

Jame, al het jy dit verwag, nogsteeds jammer om te hoor van die BFN. :heart:

Tinktinkie, ek het hierdie week begin met die Inofolic. Verbeel my sommer klaar dit werk. :silly: Hoop jy voel gou beter van die verkoue en dat jy nie meer te lank moet wag vir AF nie.

Het so bietjie van die blog gelees waarvan jy praat. Ek ken maar net te goed van nie tampons wil koop nie, want ek dink elke keer ek gaan dit mos nie gou weer nodig kry nie. Selfde met POAS stokkies. Het juis die week vir ML gesê ek moet nou maar 'n slag dink aan nuwe bra's koop en nie aanhou uitstel nie - selfde geld seker vir klere ook. Ek glo heeltyd dat ek binnekort my maternity broeke gaan uitpak en nie nou ander klere nodig het nie. :silly: :blush:

Welkom fairychild! Sterkte vir julle planne en ons hoop jou wag is van korte duur. :)

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 days ago #251609 by Lagogies
Tinktink nou laat jy my bieg......

Ek het min of meer n jaar gelede uitgevind ek is swanger. Dit was so helfte Sept
Ek het op 8weke vir sonar gegaan helfte Okt en omdat my onderklere begin ongemaklik sit het (met fertiliteits behandeling en gevolglike swangerskap) Het ek hulle weggepak....meeste bra's is underwire en dit het my seergemaak met pragtige broekies (wst ek in elk geval nie wou dra met cyclogest nie)
Ek het hulle bo in my kas gebere 2groot bokse ( seker 30 stelle) Het toe baba op 10 weke verloor en hulle is steeds bo in die kas. :blush: :blush: :kiss:

Met fertiliteits behandeling gebruik ek gereeld cyclogest en die hormone maak boobs elke maand seer, so nie die mooi panties of underwires word gebruik nie. Ek wil ook nie nuwe bras gaan koop nie want ek hoop vlge maand is ek swanger en ek het baie Maternity bras wat comfy is op n woolies sale gekoop.


so ek verstaan die #wilnienuwebraskoopnie LOL

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 days ago #251608 by Tinktinkie
Sjoe Lagogies, dis oragtig en ek wens en spreek dieselfde vir jou!!

Julle, ek het nou so lekker gelag! Het 'n blog gekry somedaymomma en sy het begin vd jr n stuk geskryf 'confessions of an infertile woman'
somedaymama.wordpress.com/2014/01/12/con...-an-infertile-woman/

Ek confess verseker saam met haar dat ek noooit oooit wil tampons koop nie want ek gaan dit mos nie rerig weer nodig he vir n ruk nie :P
En bra's ook. Want my boobs gaan volgd mnd mos heeltemal vernader...(na 3jr het ek maar vir my 30ste nuwe bra's gekoop in Aug!)
En ek confess dat ek verseker meer Pregnancy Tests besit as tampons! Haha! POAS addict!

Jame, ek join jou ja... Maar dink dit gaan nog n rukkie wees. Moet mos n siklus wag voor ons kan terugplaas en Ek trek nou al op dag 20 en het nog geen teken dat ek naby ovulasie is nie. Ek weet drs kan weer alles oorneem, maar wil baie graag so natuurlik as moontlik terugplaas. Sover sal dit nie voor einde Okt wees nie. Wag wag wag soos jy mos sê...

Lekker week julle!

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 5 days ago #251601 by Lagogies
Julle iets druk vanoggend op my hart om n stukkie te skryf. Ek deel dit met julle. Ek dink vandag aan iemand op die forum se hartseer.

In my hart is daar n seer vir elkeen wat nie n BFP beleef nie
in my oog is daar n traan vir elke BFN wat ervaar is
met hartseer dink elk aan elke engel wat hemel toe is
Die onverweselike ideale van ouerskap
my hart gaan uit na boeties of sussies wat alleen grootword
Ek bid vir huweliksmaats wat deur moeilike tye gaan
en vir al die dames wat smag na moederskap

Met nederigheid in my hart smeek ek God:
Hou ons styf vas in u arms, laat ons u Liefde ervaar.
Lei ons in die moeilike besluite
Gee vir ons Hoop, Moed, Geloof
Maar bo alles Berusting.

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.
The following user(s) said Thank You: Nunukie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251575 by Jame
More julle

Tinktinkie, gaan jy vgl siklus FET? Lekker om 'n FET buddy te he!

Ja, ek gaan vir dag 3 scan en dan weer CD11 om te kyk na my lining. Kry estrogeen om lining aan te help, en dan na die tyd progestoroon....my favourite :sick: .

Lekker daggie almal. O jaaaaaa die Vrydag, lekker NAWEEK!!!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251568 by Tinktinkie
Haloo julle!

Dis so lekker om al die nuwe gesiggies hier te he!

Fairy, hoop jou kuier is van korteduur. Mag jy vinnig vinnig swanger raak!

Swartkat, tel saam met jou slaapies af , hoop jou leêr vol inligting lê klaar gerreed om saam te vat.. Jy gaan n maklike geval wees vir jou dr met al die tracking ;)

Wanda, jammer oor AF wat opgedaag het! Mens mag maar so nou en dan n breakdown he. Mens voel beter en het weer moed om aan te gaan... Sterkte met jou besluite... En ja, wie gesê het 'geld kan nie geluk koop nie' het verseker nooit met infertiliteit gesukkel nie :P

Meisiekind - hoe gaan dit met jou? Dankie vir daai infolic links. Ek het in daai 'it starts with the egg' boek ook gelees van myo-inositol (die ander bestandeel in infolic) die voordele daarvan is oneindig! Mens kan inositol net so ook kry by apteke wat dit bietjie goedkoper maak. Folic acid is mos nie so duur nie. Ek drink dit nou so 3 mnde. Coenzyme q10 is net so goed vir ons...

Jame, jammer oof die bfn :( still not nice, al is mens voorbereid daarop. Sien saam met jou uit na frostie maand! Exciting times! Gaan jy estrogeen gebruik? En scans?

Nunu, ek mis jou sommer hier - nie die gesukkel nie, net die geselsies! Geniet elke oomblik!

Afm. Ek het alweer n simpel simpel verkoue! Hierdie weer in die kaap maak my mal op die oomblik! Saam met dit het ek nog nie geovuleer nie, ons probeer mos nou nie rerig nie, maar ek track maar om te weet wanneer om AF te verwag, sover gaan dit n laaaang siklus wees. Maak die wag vir FET net nog langer :blink: mens se geduld word ook maar altyd getoets ne!

Lekker dag verder julle :heart:

Hope :heart:

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251566 by Jame
Hello julle!!

En BAIE welkom aan al die nuwes!!

Ou Fairy, hoop die ogies sit sommer vinnig vinnig.

Swartkat, jy moet laat weet hoe het dit more gegaan! Oe een vd dae moet jy jou beenhare skeer... :P

Wanda, mensie, my hart gaan uit na jou toe. Dis moeilike padjie om te stap, met al sy ups en downs. Ek hoop jul dingetjies en KI's en finansies daar rondom val sommer vinnig inplek en werk uit vir die beste. Sterkte met jou siklus, hou ons op hoogte.

Ou Swartkat jy vra nog....alklaar gepieps, die goed bly mos spook by my totdat ek hul gebruik ;) Dis BFN. Maar ag ek nie eens hartseer nie, so half mak al oor die hele situasie. Ek wag nou vir AF en dan gaan ons frosties terugsit die maand.

Lekker dag almal.

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account