More almal
Jame, sterkte met die 2ww...ons hou styf duime vas
Lagogies, sterkte met die folliescan
Meisiekind, jammer oor jou ouma, maar ek stem saam. Dit partykeer "beter" om te laat gaan as om hul so te sien lui. Ek troos my altyd daaraan dat die "ou mense" 'n vol lewe gehad het
Baie welkom Wanda. Hierdie dames is goud werd....mens LIEF hulle sommer gou gou
So, ek moes mos al Dinsdag toets, maar kon nie. Teen Donderdagoggend toe ek terug in die Kaap is, kon ek nie meer wag nie....toe doen ek die POAS ding.............................................en raai wat........................................ ek sien 'n baie ligte 2de strepie

Eerste keer ooit. Kyk ek het al in die verlede regdeur die stokkie gekyk om te kyk of ek nie die 2de strepie sien nie en sowaar sien ek toe 'n baie ligte 2de strepie...Natuurlik is ek en ML te bang op ogewonde te raak. Ek moet toe maar gaan na my laaste road show in Kaapstad en is direk daarna vir die bloedtoets........
BFP julle!!!!

Ek en ML het gelag en huil gelyk. Dit is nogsteeds vir ons onwerklik! Volgens die suster is my HCG telling 154, wat volgens haar 'n baie goeie telling is (Ek weet nog nie van die goed af nie...sal nou nou gaan GOOGLE).
EK gaan more weer vir die HCG toets en hul hoop dat die telling dan bo 300 sal wees. Ek is so opgewonde, bly en dankbaar, maar ook so bang. Dit is nog so vroeg en so baie kan verkeerd gaan....MAAR ek en ML het gese ons moet positief bly. Die Here sal nie sommer na so laaaannngggg gesukkiel vi rons 'n positief gee en dit dan weer wegneem nie.
Julle ons dien 'n ABSOLUTE WONDERLIKE, ASEMROWENDE GOD!!!!