× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 1 week ago #251505 by APotgieter
Hi julle jammer ek het nie op die forum gechat toe ek TTC nie maar ek wil met julle ietsie deel - Het julle al gehoor van Inofolic sakkies

Ek en 3 van my vriendine het swanger geraak na ons n maand of so (almal was verskilende lengtes van tye op die sakkies gewees)

Ek het vir 16 maande ge TTC toe ek van die sakkies gedrink het ek het Jan en Feb van die sakkies gedrink (Hulle is bietjie duur maar ek het dit op die medies gesit) en Apr het ek swanger geraak

My 1 vriendin het vir meer as 2 jaar gesukel en het net n maand die sakkies gedrink en was swanger daarna haar sussie het vir 3 weke die sakkies gedrink en is ook nou 5 weke swanger

Ek glo nie dit sal vir almal werk nie maar ek moet se ons het goeie experiences met dit gehad

Ek het toe ek TTC ook als probeer so ek deel maar wat ek dink het vir my gewerk :) ;)

Groete - Alicia

[link=http://lilypie.com] [/link][link=http://lilypie.com] [/link]
The following user(s) said Thank You: Meisiekind

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251503 by Jame
More julle.

Meisiekind ek dink jy kan berusting vind in die feit dat jy regte besluit gemaak het. Duitse masels is seker die ergste ding wat met jou ongebore baba kan gebeur. So hoekom daai kans vat. Ek weet Nov nou leeftyd ver, glo my ek verstaan heeltemal, maar tyd vlieg so voor jy weet is jou rus kansie verby of nog beter raak jy sommer swanger nog voor meds weer nodig is.

Mens moet mos maar geduldig wees in die game....preuk ek nou vir myself ok, ek is nooit in oorvloed van geduld nie :blush:

Ek sit en wag nou vir BFP (al is ek nie optimisties nie) of AF...wag , wag , wag, ek hou nie van wag nie. :angry:

Lekker daggie

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251501 by Meisiekind
Hello dames

Kom loer gou vinnig in. Nog maar altyd dol aan my kant. Die goeie nuus is ek het gister ge-OV. Die minder goeie nuus is dat ek en ML besluit het om nie die maand probeer nie. Ek was laas week siek gewees en so het ons seuntjie ook siek geraak en koors gehad. Van die naweek af het hy 'n uitslag wat soos duitse masels lyk. Ek het al vantevore gelees hoe erenstig dit is vir ongebore babas, so ons het toe besluit dat ons nie die kans kan waag dat ek dalk swanger raak en op dieselfde tyd dalk aansteek nie - al is die kans hoe klein. Dis was nie maklik nie, maar ek voel dis die regte besluit. Ongelukkig wil my FS hê ek moet volgende maand 'n breek vat van die meds, want dit bou glo op in mens se sisteem, so tensy ek wonderbaarlik self ov in Okt sal ons eers weer in Nov kan TTC.

Ek glo die Here het Sy plan hiermee en dat die regte tyd nog gaan kom. In tussen sien ek uit daarna om julle almal se goeie nuus hier te lees. :)

Lagogies, sterkte vir die 2ww! :heart:

Jame, ek voel ook die seisoen is aan die draai vir ons almal. Bly vir jou vriendin ook! :woohoo:

Nunukie, daai tellings klink vir my ook goed. So lank dit verdubbel elke 48 uur behoort alles goed te gaan, en jou nommers lyk vir my selfs beter as dit. Hou ons op hoogte! :heart:

Wanda, mens! Dit klink of jy al deur diep waters is. Hierdie is nou regtig een plek waar jy enige tyd kan afpak - ons ondersteun mekaar in die moeilikste tye wanneer niemand anders verstaan nie. Party dae lag ons saam en ander dae huil ons saam.

Ek is nou glad nie 'n kenner op jou gebied nie, maar jy moet probeer positief bly al lyk dinge nie goed nie. Partykeer is daar 'n eenvoudige rede en dan het mens verniet op hol gegaan. Dis baie moeilik om jou emosies in toom te hou wanneer jy geskok voel met iets soos bloed in die urine, maar daar kan ander verduidelikings wees. Ek weet nie wat jou omstandighede is nie en miskien het jy al vele dokters in die laaste jare gehad, maar soos Jame sê dis baie belangrik om 'n 2de (of selfs 3de of 4de) opinie te kry - veral as dokters drastiese stappe soos histerektomie noem. Ek weet van mense wat met Endo gesukkel het en na miskrame tog weer swanger geraak het en gesonde babas gehad het, so dit kan gedoen word saam met die regte dokter.

Omtrent toets of wag, ek het nie raad nie. As ek kyk na jou geskiedenis dan reken ek toetse, veral POAS gaan nie op die stadium iets beteken nie. Dis aaklik want die gewag om te sien of AF gaan opdaag is niks lekker nie. Miskien kan jy bloedtoets oorweeg as AF nog nie daar is teen dag 31 nie?

Jammer dat jy hier deur moet gaan. :cry: Hooplik is daar tog goeie nuus om die draai.

Lekker week almal!

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251498 by Jame
Wanda, mensie!!!

Pak gerus af.

Hoe meen jy jou baarmoeder groei aan alles vas? Ek sien j is nog bloedjonk, voor jy daai stappe neem MOET jy eers vir 2de opinie gaan.

Oor die bloed in die urinie....jy het nie dalk blaasinfeksie of niersteen nie? Het jy geen pyne nie?

Hoekom gaan jy nie more sommer GP toe nie? Dan vertel jy vir hom, hy kan jou uriene sommer toets en bloedtoets doen, dan weet jy mos wat vir wat gaan?

Jammer vir jou jong, dis aaklige padjie om te stap.

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251496 by wanda
Middag Dames

Skies ek was so stil vat nie grond by die werk nie maar ek moes net vandag tyd maak om in te loer

Nunu Ek het nie woorde vir julle nie net se baie geluk God is so groot... Daar is nie woorde daar voor nie geniet elke oomblik van die swangerskap

Tink - Ek is een van daai wat supper alergies is om te toets

Ek was 3 keer swanger en nie 1 van my swangerskappe was deer n POAS toets bevestig nie My dogter 17 se toetse was negatief maar ek het melk gehaat toe hulle die sonar doen was ek 16 weke swanger my 2de swangerskap het bloed op 12 weke bevestig en op 14 weke het ek gemiskraam. My 3de swanger skap was bloed en POAS negatief en toe ek komplikasies begin toon en hulle doen n sonar was dit te laat miskraam op 18 weke.

Ek wil asb julle breine pik ek voel so dom soos 10 ek het n 28 tot 30 dae siklus
Op dag 13 het dokter met n sonaar die eiertjie gesien. ek is tans op dag 27 en ek het bloed in my urine. Geen simptome nie. Gewoonlik is my borste seer my vel is sleg ek is moody en ek kan voel AF bekruip my die keer niks nie nie eers die seer borste nie.

Ek weet nie of ek moet toets moet ek wag of wat nie.

My man is so ten gronde toe ek hom bel en se ons moet maar die 6000 reg he vir die dokter want daar is bloed in my urine het hy begin huil en gese hy was vir die eerste keer baie positief.

Ek voel so alleen en hart gebroke ek kan nie vir iemand se nie 8 jaar is nou nie meer n grap nie en my dokter het gese hy gee my tot Des dan moet ons n besluit neem oor n histerektomie my baarmoeder groei aan alles vas

Jammer as ek saulk ek weet net nie meer waai kant toe nie

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251495 by Newbiemom
Hello julle!!

Ek kom lees so nou en dan om op datum te bly.
Het so klompie maande terug bietjie verdwyn om van die hele ttc scene af te kom en n break te vat van dit alles. Het weer moo ie gejoin so maand terug toe ek uitvind eks swanger.

Nunukie ek wil net se baie geluk!!! Ek is sooooooo bly vir jou en saam jou opgewonde! Dis fantastiese nuus!

Al die ander dames, ek volg julle stories en sien uit om saam met julle ook op en af te spring!

Baie liefde xx

1st pregnancy - We had a natural birth at home with our midwife. It was a dream come true!

2nd pregnancy - 2012 Miscarriage at 12 weeks (blighted ovum)

3rd pregnancy - 2012 Miscarriage at 7 weeks

4th pregnancy - 2013 Twins Miscarriage at 6 weeks 4 days

3 Sept 2014 - Saw and heard our little heartbeat.
[/link]

File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #251494 by Tinktinkie
hello Dames!

Lagogies, aan jou gedink gister. Laat weet tog hoe dit gegaan het?

Nunu, so bly dat jou tellings mooi uitgekom het Saterdag! Het jy al jou eerste scan geboek?? Dit is als so exciting en so lekker om sulke goeie nuus te he hier by ons.. En ek stem, ek voel so aan my boud ons seisoen is ook besig om te draai, 'n Lente van baie nuwe lewe!!

Jame, so bly saam met jou oor jul vriendin ook! Dit bly so lekker om te hoor as mense wat in ons bootjie is swanger raak.

Meisiekind, so jammer oor jou Ouma :heart: .
Het jy toe darem positiewe toetsies gekry die? Glo jul het jul huiswerk gedoen oor die naweek :whistle:

Swartkat, hoe gaan dit met die nuwe leefstyl? Hoop jy voel sommer klaar beter en nog gemotiveerd.

Wanda! Baie welkom hier by ons! Het jy al uitgewerk wanneer jy 'n tuistoetsie kan doen? Jy sal nog sien, ons is 'n paar wat net nie kan wag nie, en 'n paar wat totaal allergies is vir die goed :P

Lekker wekie julle :heart: :kiss: :heart:

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account