× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 2 weeks ago #251445 by Lagogies
Ja amper so iets! Lol ek hoop daar is baie follies

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251442 by Jame
OE FABULOUS!!! DAAR IS LEWE DAAR BUITE!!

Sterkte lagogies!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251441 by Lagogies
Folliescan more oggend. Sal laat weet

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251400 by Jame
Hello dames!

Ek het jul sommer baie verlang. Ons troue was heerlik!! Nogsteeds pootuit maar was beslis die moeite werd. Ek en ML het ons ding gedoen ;) , so kom ons kyk wat gebeur.

Hello Wanda, welkom by ons. Jul vooruitsig lyk goed en met KI kan hul al daai dilly spermpies mos uithaal sodat net die Ryk Neethlings oorbly ;) . Hou ons op hoogte. Wil jul sommer die maand al KI doen?

Nunukie, oe vrydag is om die draai! Kan nie wag nie!!!

Tinkinkie, nee wat "give that ovaries a Bells"...hul het hul goed van hul taak gekwyt. Ek kan jou nie eintlik help met die frosties nie, ons het nie eens so ding geteken nie. Hul word outomaties na 3 jaar vernietig tensy ons hul self verskuif.

Meisiekind begin solank te strek vir die naweek :P !!

Swartkat, jy ook, jou dae van vroeg slaap is amper verby hehehe!

Lagogies hoe ga by jou?

Ek is nou in 2ww, maar snaaks as mens dit so self doen sonder meds en scans ens dink mens nie eens regtig daaraan nie. Nogal cool vir my.

Lekker dag julle!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251395 by Meisiekind
Hello julle,

Dit is omtrent stil hier. Ek was self maar stil - dol tye by die werk en huis. My ouma is toe oorlede laas week. Is eintlik 'n verligting, want die gedagte dat sy moes ly was veel erger. Dankie vir elkeen van julle se goeie wense.

Laat ek sommer met die deur in die huis val - ek is vandag op CD13. By my is OV gewoonlik hier teen CD18/19 so ek verwag om teen die naweek positiewe OPKs te sien (en natuurlik die nodige te doen :blush:). Behalwe vir die meds is ons nog op tuisplan en geen scans die siklus nie.

Jame, neem aan jy is in die 2ww? Mag jy sommer verras word met 'n BFP!

Nunukie, wag in spanning vir nog nuus...

Tinktinkie, dis sulke goeie nuus dat julle soveel blastosiste gehad het. Ons hoop en bid dat een van hulle sommer binnekort jou BFP is.

Jammer ek kan jou nie help met die moeilike vrae wat jy moet invul nie - ek het self al gewonder hoe ek daaroor sou voel as ek ooit daar moes kom. Ek is geneig om te gaan vir enige opsie wat nie vernietigend is nie, maar soos ek sê, ek moes nog nooit self die besluit neem nie, so my opinie tel nie veel nie.

SwartKat, dis goed om jouself voor te berei en gesond te leef, want dit kan net help en is die beste vir jou toekomstige kind. Hoop dis alles goeie nuus die 26ste.

Wanda, welkom hier by ons! Dit was die laaste week maar stil hier, maar eintlik gesels ons 'n hond uit 'n bos. Ons huil saam en lag saam en ondersteun mekaar hier. Almal vind dat dit so baie help om met mense te gesels wat weet hoe jy voel. Sterkte vir hierdie deel van jou padjie en soos ons altyd sê, mag dit van korte duur wees. Sien uit daarna om meer van jou te hoor!

Lekker week verder dames!

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251378 by wanda
Hi Dames

Ek is so te se nuut op die groep was baie lank terug hier maar het vergeet van die groep. Ek is tans op dag 21 het gegaan vir n sonar op dag 13 en dokter was baie in sy skuk daar was n perfekte grote eiertjie hy het toe gese watse dae ons moet oefen en was baie positief dat die dinge nou gaan begin uit werk is al 8 jaar in die bootjie.

Hy het eintlik die sonaar gedoen om te sien of ek self OV en of hy volgende maand meer medikasie moet gee wil graag gaan vir n KI alles is nou reg by my maar volgens manlief se toetse is die voorwaardse bewegin nie so goed nie.

Hy is nou op sink Folic en Prostate Care.

So ek hoop en bid vir die beste die maand

Sterkte vir almal :heart:

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #251371 by DieSwartKat
Hallo julle almal,

Skuus vir die afwesigheid, bietjie besig by die werk. En het ook nie aldag iets om by te dra tot die gesprek nie, siende dat ek eintlik nog in die middel-van-nêrens is.

My afspraak by die gynae is 26 Sept, Vrydag oor 2 weke. Ek is SO opgewonde. Direk daarna is ek geboek vir 'n bors-sonar, ek doen dit elke jaar net vir "peace of mind". As daardie twee dokters tevrede is, dan reken ek dit is amptelik tyd vir ons om te TTC. Die Nova-T kom uit rondom my ovulasie-tyd (ek dink), so ons het besluit om onmiddelik te begin probeer.

Intussen berei ek my liggaam so bietjie voor, probeer gesond eet, genoeg water drink en slaap kry. Ek is oor die algemeen baie gesond maar het 'n paar slegte gewoontes (chocolates en slap tjips, ens ens ens). Ek het met my 1ste swangerskap 20kg opgetel, dit was aaklig en ongemaklik na die geboorte. Dit het ook glad nie so vining weer afgeval nie, daarom wil ek betyds gesonde gewoontes leer, nie dat ek ooit in my lewe verby 'n stukkie chocolate koek sal loop nie!!!!

Hoop dit gaan goed met julle almal, sterkte vir julle, ek wag nogsteeds vir 'n BFP hierdie maand....het 'n gevoel een is net 'n paar dae weg :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account