Hi Dames,
Jul is almal vreeslik stil?
Nunu, bly om van jou te hoor! Kan dink jy is lekker besig, en dit help verseker om nie te top en dink en worry oor als nie! Wens ek was so allergies soos jy!! Hou alles gekruis vir jou!!! Sterkte met die laaste paar daggies...
Jame, hoe was die troue gewees? Julle het gelukkig pragtige weer gehad! Hoop die mooiste Kaap het jul lekker in die mood gekry
Meisiekind, so jammer om van jou Ouma te hoor, ek is net so lief vir myne, en die hartseer van weet dat hul nou op geleende tyd is vang mens erg. Sterkte mensie

wanneer gaan jy weer vir n scan?
Swartkat! Ons is darem al in Sept! Jou wag raak al hoe korter!!
Julle, ons embrioloog het toe 2 van ons blastosiste Woensdag gevries en die ander 10 gelos tot Do toe om beter te kan sien watter is rerig beter kwaliteit en wat nie. Sy kon toe nog 4 baie goeies kry en het besluit dat die res nie die vries proses sal oorleef nie. Ek weet ons is super geseend om 12 te kon hê wat blastosiste geraak het, en is baie opgewonde oor ons 6superdupers!!
Ietsie anders... Die vragies wat ons moet invul mbt wat hul moet doen met die embies as ons sterf, skei, of oorlos is vir ons baie moeilik... Vernietig,skenk vir Navorsing of skenk vir 'aanneeming'. I dunno!! Hoe het die van julle wat al moes, besluit?