Middag julle!
Wat 'n dag ek is gedaan. Ek het wel raad,, moenie twyfel nie...2DE OPNINIE, 2DE OPINIE. Al is dit net om weer hoop en vertroue in jou huidige FS te kry.
Ek is so bitter bly ons het gega. Daar is fout my baarmoeder na my keiser. Hy het binnetoe vasgegroei, dus dam die bloed op, en word hy nie gereining na my period nie. On skon dit so duidelik sien toe hy dit vr ons wys, nou vra ek met trane in my oe hoe mis 'n gynae en FS dit???? Verder het hy my gestuur maar vir normale bloedtoetse (helse lot) en gaan ek vir HSG van my baarmoeder sodra ek weer begin. Net om te kyk of daar nie agter die "gap" iets snaaks gebroei het nie. Verder is hy baie geskok dat hul wel voortgegaan het om my ivf te doen selfs nadat ek so baie eiers gehad het en so seer gehad het. Interessant hul doen net lang protokol siklusse. Elkgeval ons het baie om oor te dink. Hy het vir ons gese dis risiko om jou eiertjies by een lab te vat en na ander te bring omdat hul metodes kan verskil, so ons moet bewus wees daarvan. Maar as ons wel besluit ons vat die kans sal hy FET vir ons doen. Wat ek baie van hom ghou het hy het defnitiewe plan vir my en nei algemene standaard ene nie, spesifiek vir my. Hy het my mooi verduidelik wat ek kan vewrag met so siklus by hul en hoekom ens ens.
ML is mal oor hom. Ek hou ok van hom, maar dink ML nog meer. Dalk omdat hy so reguit was met statistieke ens. IVF = 35% kans vir sukses. NOgal eye opener.
O en hy se ek moet rustig wees ek gaan nog wag vir AF, hy gat 'n lange word.
Lekker aandjie julle. Dankie vir die omgee, ek gaan nou huis toe, is kapoet.