Hi Almal,
My storie is darem nie te lang-dradig nie. Het mild PCOS waarvoor ek detyds in 2011 behandeling gekry het (ons het 'n jaar lank self prober voor die diagnose). Ons is in Oktober 2011 geseën met 'n BFP na slegs 3 maande se behandling, en ons Babsie is in Junie 2012 gebore.
Sy is 'n ENGEL, maar sy was 'n klein reflux monstertjie wat not-te-damn wou slaap, nie bedags of snags. Ek was total van kinders af-gesit, was mal oor myne maar wou beslis nie 'n 2de ene hê nie. 'n Bietjie nageboorte-depressie gehad, maar was net tydelik en binne 4 maande verby.
So, tyd het genees, toe sy op 18 maande kom en selfstandig begin word het ek begin dink dat ons dit weer kan doen. Baie al geleer, baie dinge wil ek dieselfde doen, maar daar is net soveel wat ek anders wil doen. Intussen het ons ondersteunings-netwerk met 100 keer verbeter, so ek glo dinge moet net beter gaan as verlede keer.
Dis nou alweer 10 maande later en ek broei baie oor die gedagte van 'n 2de baba in die laaste 6 maande. Vandat ons 2 maande gelede die besluit gemaak het om wel nog enetjie te hê is dit asof 'n switch in my kop ge-flip het, en ek is nou baba-befoeterd.
My jaarlikste ondersoek by die gynae is op 26 Sept, waartydens my Nova-T verwyder sal word. Dan hoop ek vir 2 of 3 gesonde siklusse en 'n nuwe BFP kort daarna. Ek sal waarskynlik in Sept weer op my Clomid gaan, en met die Heer se genade sal die behandeling weer vining werk.
Dis my storie. En ek het noggal gesê dit is nie te lank nie. Oops