More almal
Hoop julle het sommer 'n lekker naweek gehad
Tintinkie is dit vir die meds vir jul IVF? GRIETm dit is 'n groot verskil, huh?
Zarah - goed om weer van jou te hoor. Hoe gaan dit?
Dankie Jame vir die inligting. Ek moet dit elke aand inspuit vir 6 dae...
Ek het toe Saterdagaand begin met my Gonal F en Climohexal. Sover net weer hot flushes....

Julle, ek bid en vertrou my tye werk uit die siklus. Ons KI is laas op Dag19 gedoen. Hierdie maand vlieg ek op Dag20 vir 2 weke oor die land..so ek hoop my follies werk saam en groei mooi sodat ons KI kan doen voor Dag20...fxfxfx
O ja...ek begin vandag weer GESOND LEEF. Doen die banting ding...

Lekker ge-breakfast met bacon en eiers vanoggend. Vanmiddag is 'n lekker mengelslaaitjie en vnd 'n chicken wrap (Low carb wrap).
Ek moet kyk na my gesondheid en gewig....lekker 2kg opgetel en 'n paar centimeters...ai!! Ek het so hard gewerk om my gewig te verloor....ek kan nie bekostig om nou weer op te tel of my insulien op te stoot nie...
Gesond eet is 'n goeie "helper" vir ttc....al wil ek dit partykeer nie hoor nie...
Luister, hoop elkeen het 'n wonderlike week