Hallo maters!!
Long time no see!!
Ek het nou net so vlugtig die 5 bladsye posts gelees hier en het nog nie eers gaan kyk na die ou thread nie, so vergewe my maar as ek iemand of iets mis.
Bea, baie sterkte met jou IVF. Dit klink darem vir my asof jy omtrent voorberei het vir die een, so nou is dit maar net wag en sien. Ek hoop regtig die een werk vir jou.
Bytjie, nog voor ek by jou post gekom het oor jou naam verandering het ek geweet wie jy is. Jy het net 'n unieke manier van praat, suster!! Love it!! Sterkte vir jou ook. Ek hoop van harte jy het nie daai KI nodig nie.
Zarah, jammer om te hoor jou gemoed is so bietjie af vandag. En dankie dat jy my laat weet het van die nuwe thread. Persoonlik, sal ek ook nooit aanneming oorweeg nie, alhoewel ML vir dit is. Sy suster en sy niggie het altwee aangeneem, maar dit is net nie vir my nie. Ek hoop jou maand op die Pil gaan sommer vinnig verby.
Nunukie, Twinkle en al die ander dames wat ek nie ken nie, hallo!
Strikkie, so goed om van jou te hoor vir 'n slag. Ek dink gereeld aan jou. Wat is julle storie nou? Al enige nuwe besluite of opsies?
Hallo Zettie! Sterkte met die pakkery. Ek HAAT dit om te trek.
Wel julle, hier is ek. Ons is nou offisieel verby ons 5 jaar merk van TTC. Ons het mos nou van omtrent Oktober af niks gedoen nie omdat ek eers die troue agter die rug wou kry en nou dat dit verby is, moet ons ook seker aanstaltes maak om weer om die wa te klim.
Die troue het baie goed afgeloop. Ek sal vir julle 'n paar fotos kom post wanneer ek dit EENDAG kry. Die friggin fotograaf werk op my heel beste nerve. Laas week gesê ek kan die foto's die week kry en gisteraand toe laat weet sy OP FACEBOOK van alle dinge dat die Storybook Album nou eers printers toe is en dat dit NOG 7 - 10 werksdae gaan neem