× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Dames wat al lank hierdie paadjie stap

12 years 8 months ago #246056 by Zarah
Hi al die dames

Hoe was julle naweek?

Nunukie, 24 Feb is nie meer ver nie. Ek is bly jy hou van die nuwe FS.

Bytjie, jys baie ge-dissiplineerd! Ek is bly jy het dit geniet.

Bea, ek kan nie wag vir Woensdag se update nie. Groei follies groei!

Al die ander dames, wees gegroet.

AFM: Eks maar bietjie depro vandag. Saterdag lekker dag uit gehad met ML in stellenbosch. Maar Sondae depress my gewoonlik. Die kerk was VOL babas. Ook 2 pare 2linge en 1 paar het voor ons gesit. Die mooiste dogtertjies :(
Dit slaan mens partykeer net so hard. Dat dit jy en ML is.
Het julle die Huisgenoot gelees van Nico en Christi? Die storie is so mooi maar dit het my ook depress. Sys ook 36, het ook Endometriose en hulle het opgegee op die IVF. My man wil niks weet van aanneming nie. Ek moet net aanhou glo dat God ons gaan seen met ons eie babsie

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246045 by Nunukie
More almal!

Hoop almal het 'n lekker naweek gehad. Myne was heel bedrywig, maar lekker! Heel naweek partytjie gehou!!!

So ML het vanoggend gegaan vir sy SA!!!! Ai, ek hoop sy telling het verbeter. Ek kan nie onthou wat dit presies was 2 jaar terug nie, maar intussen het hy al 'n operasie gehad, so ek hoor dit is beter......vingers en tone gekruis!

Ek moet ook noem dat ek heel impress is met my nuwe FS...en my eerste besoek is eers 24 Feb. Die suster het my al 2 keer geskakel om op te volg oor toetse en dokumente. Hul wil sekermaak my leêr is in order as ek FS besoek. Soveel meer georganiseerd as my vorige FS.

Ek weet net die keer gaanals uitwerk :rock:

Lekker week vir almal!

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246042 by Bytjie
More julle,

Bea, voorspoed met daai meds.

Zarah, jammer oor jou endo maar jy gaan daai endo met jou volgende IVF onder sy gat skop!

Zettie, enige nuus.

Chrizzie, hoe gaan. Het julle al 'n nuwe PVA vorentoe.

Hexy, hoe gaan dit met seuna, geniet hy darem nog die skool

Twinkle, hoe gaan dit met jou?

Klippie, wat is julle PVA sover.

Lagogies, kom sê hallo.

Snoekie, waar's jy so skaars

Ek weet ek het 'n paar mense vergeet en ek vra om verskoning, die helfte van my brein suntan nog op Langebaan.

Die naweek was heerlik, ek het R78.50 verloor by die casino toe speel ek maar games met my niggie en nefie. Want kyk my swaar verdiende geld gaan ek rerig nie in die water gooi nie.

'n Lekker daggie vir julle almal verder.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP
The following user(s) said Thank You: Zarah

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246041 by Twinkle
Hallo

Bea baie baie sterkte met jou siklus - ek hoop en bid dat jy vinnig n rustigheid oor jou sal kry.

Zettie - ja kom vertel bietjie of jy iets terug gehoor het van Prof S...

Bytjie julle het seker heerlike weer in langebaan gehad?

Zarah sterkte met jou endo ...

Lynkie, Lagogies, Klippie, Nunukie, Strikke - hoop dit gaan goed met elkeen van julle...

AF gaan goed ek is in my tww behoort vlg week te weet yeah or neah ... :-) . Ek het op die stadium NIKS tekens van NIKS nie nie seer (.)(.) nie simple rooi karbonkels NIKS .... Hoop maar dis n goeie teken. Die vorige maande het ek sover ek weet tenminste n week voor AF seer (.)'s en karbonkels gehad nou NIKS maar ook geen teken van swanger wees nie...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June
The following user(s) said Thank You: Zarah

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago - 12 years 8 months ago #246040 by Bea
Môre almal

Dankie Chrizzie, hoop jy het ook 'n lekker week.


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.


Hallo Strikkie, hoe gaan dit?

Zettie, hoe was die pakkery die naweek? Het jy al iets terug gehoor van prof s?

Klippie, dankie, hoe gaan dit jou kant?

Twinkle, lekker week vir jou - waar trek jy nou weer in jou siklus? Ek het Maandag Brein!

Bytjie, hoe was Langebaan? Die weer was darem so lekker.

Lagogies, jy is so stil?

Hallo Lynkie, Nunukie en al die ander. Lynkie, wanneer sien jy weer die FS?

AFM: Vandag CD6 - het Femara gedrink, spuit môre Pergoveris en drink laaste Femara. Sonar Woensdag op CD8. My senuwees knaag maar bitter erg met tye, maar ek probeer baie hard om te ontspan.

Lekker week almal!

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:
The following user(s) said Thank You: Zarah

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246035 by Chrizzie
Hoop almal het 'n goeie, geseende week! :heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #246028 by Strik*kie
Haloo julle

Lynkie, ek is jammer oor jou BFN!!! :heart:

SLAKSTER!!!!!!!!!!!!! :woohoo: Hoe bly is ek om jou en Klippie weer te sien!!!!!!!! EK dog al ek is enigste een wat nog oor is van ons OUUUU groepie. Slakkie, toemaar ek is ok nog steeds nie in die rug geskop nie
:cry:

Zettie, sterkte met die trekkery.

Hi Bea, Zarah, Twinkle, Oegh ek moet nou eers weer die name onthou. hehe, sterkte vir almal met die PVA's.

Lekker naweek vir almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account