Hallo dames!!
Toemar, moenie weghardloop nie!! Ek gannie weer so moan nie, belowe!!
Bytjie, sterkte met jou scan vir Woensdag. Sorry, my kop is baie deurmekaar, julle is mos op die homeplan nog ne? Gan jy trigger shot kry na jou follie scan?
Bea, hoe voel die gemoed? Ek hoop ook jy los mar dr Google uit die week. Dit jaag net mens se senuwees nog meer op hol. Gaan jy Maandag vir jou bloedtoets?
Chrizzie, sterkte met die nuwe uitdaging, maar suster!! Eerder jy as ek. SO straf ek myself nogal nie!!
Lynkie, jammer jou afspraak was nie so goed nie. Skies dat ek vra, maar hoekom beveel hulle donor eggs aan vir jou?
Zarah, hoop jy het lekker naweek gehou... Jaaaaaa.... Ek het gesien waar jy was!!
Twinkle, Klippie, Nunukie, hoop al julle planne verloop voor die wind.
Ek voel baie beter vandag. Ek skud mos maar gewoonlik die mismoedigheid baie vinnig af. Dit help tog niks om so in sak en as te sit en huil nie. My dag Vrydag het net al hoe meer afdraend gegaan... En om alles te kroon het ons agent laat weet die eienaar gaan nie weer ons kontrak hernu nie want hy gaan verkoop, so na 13 jaar in dieselfde huis bly, moet ons nou nog boonop nuwe blyplek kry ook!!
Anyway, apparently het my lyf besluit 'n 23 dag siklus is genoeg vir my. AF het sommer vanoggend opgedaag. So ek weet nie of ek moet bly wees ek spot nie 'n week lank voor AF nie, en of ek moet mismoedig wees dat my siklus so kort was nie
Lekker daggie vir julle almal. Ek moet nou eers weer gaan verder afsloof...