× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Dames wat al lank hierdie paadjie stap

12 years 6 months ago #246491 by Chrizzie
Bea, ek hou alles gekruis!!!

Andie, ek voel presies soos jy!!! Ons net nog nie so lank op die pad soos jy nie...

Hallo Nunukie, Klippie, Strikkie, Zarah, Laogogies, Bytjie, Twinkle, Sexy, NellaK, Zettie! En almal wat ek gems het!

AFM: Ok, so AF het Maandag vir die eerste keer in 3 jaar vanself gekom. Ek het toe sommer Maandag vir Fertomid by huisdokter gekry - vir wat dit mag werd wees! Ons sal seker eers Junie eers weer IVF... My oefening is mooi op dreef en ek beplan om 'n 10km wedloop te doen begin Maart en wil dit onder 'n uur doen- so bietjie ander uitdaging vir 'n slag!

Hoop almal het 'n heerlike naweek! :heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #246488 by Strik*kie
Hallo almal

BEA!!!! Ons weet daardie 3ling gaan stick!!!!!!!!!!!! FXFXFXFXFX

Nunukie, sterkte met die trekkery, dis maar sleg ons het laasjaar in winter getrek, wow wat 'n mickmeroll!!!!

Klippie, al iets gehoor? EK hoop hulle kry net hulle gaaie in rat en help jou vinnig.

Hey Slakster...... roofkyker..... hoe gaan dit?

Hallo Bytjie, Nella, Zettie, Chrizze, Twinkle, Hexy, Zarah............ uhmmm wie nog...... hozit?????

Andie.... ek verstaan presies hoe jy voel, dit maak my soooooo opstandig en sommer die :swear: in as ek sien wie en wat almal kinders het en boepense het en ek weet wat gaan aan in hulle lewens of jy kan sommer sien hulle kan nie sorg nie. Dis onregverdig!!!!!!!!!!!! Groot drukkie vir jou.....((((xx)))))

AFM, Niks nuus nie, wag vir AF.. nog 'n cycle ...nog 'n NIKS..... :headbang: :headbang:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #246485 by Andie
More julle!

Jammer ek post so min, dit gaan dol by die werk, maar ek lees darem elke dag almal se posts

Bea, baie baie baie sterkte vir die week wat voorlê!! Ek weet dis moeilik om af te skakel en nie daaraan te dink nie, maar probeer maar om dit rustig te vat en te ontspan.

Zarah, jy het seker nie meer lank op die pil oor nie? Tyd gaan deesdae so vinning verby.

Bytjie, Nunukie, Klippie, Zettie, Chrizzie, Twinkle, Nella en al die ander... hallo girls!!

Ek is vandag verskriklik mislik. Is vrot van die verkoue van gister af. Wie kry :swear: verkoue in die middel van die somer??? En toe net om alles te kroon, het ek vanoggend begin spot. 'n HELE WEEK voordat AF moet kom. Toe is ek sommer in trane daar op die toilet vanoggend want toe besef ek net van voor af dat ek nou al VYF JAAR van die pil af is. 'n Hele volle 5 jaar van probeer en probeer en probeer en WEER probeer en net mooi niks!! Dis vir my net verkeerd dat ons wat so graag 'n ou babatjie wil hê so moet sukkel vir jare en jare en jare, maar dan loop die bergies met babatjies rond en skoolkinders raak pregnant en mense wat besig is om te skei raak pregnant en tikkoppe raak pregnant en en en. Ek resent sommer vandag net almal en alles en nou huil ek sommer weer van voor af.

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #246484 by Zarah
Baie geluk Bea! Ek dink 2-ling!

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #246482 by Nunukie
Bea, Bea, Bea! Ek weet hierdie keer gaan dit werk vir jou! Ek so aan jou gedink vanoggend.
Ek kry sommer hoendervleis van opwinding! Relax nou lekker, skop voete in die lug en laat manlief jou lekker bederf die 10 dae! :heart:

More al jul ander dames! Hoop julle het 'n lekker Vrydag!


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.


As ek nie weer inloer nie, moet julle almal 'n wonderlike naweek he!

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago - 12 years 6 months ago #246481 by Bea
Baie, baie dankie aan elkeen van julle wat aan my gedink het - dit het my baie gehelp!!

3 embrios in - twee graad vier en een graad drie. Een is vier selle en twee was twee selle. FS natuurlik genoem van kans vir 'n drieling, maar kans is amper 0%. Ek het maar niks gesê nie!!!!

Die drie is met PICSI bevrug. Dis glo beter as ICSI - dis 'n bakkie met 'n spesiale suur wat die mature sperms aantrek voor hulle dan een in die eiertjie spuit.

Wel, dan is ek nou Pregnant Until Proven Otherwise!!!!
Toets oor 10 dae - volgende Maandag.

Hoop julle het 'n heerlike dag. xxx

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #246480 by klippie
Sterkte Bea, dink aan jou :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account