× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 15 hours ago #121384 by Strik*kie
Halloo daaar

Klipie, sorry oor bfn, ai nou moet ons hele naweek worry oor jou, hoop dit nie ernstig nie. Sterkte jong!!!!

Hallo almal verder!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 15 hours ago #121369 by Grenaat
Agnee nou is my post weg, kom ek try weer!

Hallo cornellie.

Dit gaan baie goed met ons, ek is by die huis so dis altyd 'n bonus, ek is net nog baie bedrywig en wil vandag alles afhandel in die dorp sodat ek kan rustig raak.

Ek is nou 39weke 2 dae so ek raak nou baie angstig en opgewonde. Kan nie wag om vir Rubentjie vas te hou nie hoor.

Gaan vandag dokter toe, kan nie wag om te hoor hoeveel hy nou weeg nie, hy was mos 3,4kg op 37 weke. EK is net bang die dokter wil begin keiser stories praat en ek sal GLAD nie happy wees daaroor nie. Ek is bereid om 'n 5kg baba uit te druk :blink:

Hoe gaan dit met jou ?????

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 15 hours ago #121367 by Slakkie
Sjoe maar dit is stil vanoggend....kom chat girls dis vrydag!

Hexy Sterkte vir vandag!

Klippie - sorry oor die BFN laat weet wat sê die dokter.

Hi Nel

ek het nounet opgevang en kan nou niks onthou nie :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 15 hours ago #121345 by Cornel
Goeie more Dames!

Sien dis nog stil hier?

Eerstens ~ Hexy baie sterkte vir vandag,ek weet nou gaan jy begin beter voel! ;)

Klippie girl! Sterkte jong! Ek kan net dink hoe bad dit moet wees om so goor te voel die heeltyd! :dry:

Ek was gisteraand 'n regte :evil: !!!!!!!!!!!!!!!!! Ek en bestuurder van die plek het lelik vasgesit!
Omrede die oc my skoonpa se kos weg gevat het (hy was op die foon)! Ek het agter die oc aan geloop kombuis toe en sy(bestuurder) het my gesien! Oi toe kom trap sy vir my lelik uit ( voor so 25 mense ~ wat almal sit en eet). Ek was WOEDEND!!!!!!! :angry:

Ek het 'n swak gewoonte ~ As ek so WOEDEND raak dan loop die trane,DH noem dit HARTSEER BEF@K........
En glo my ek het gisteraand my hart LEEG gehuil!!!!!!!!!!!!!!!

Lekker dag vir almal!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 16 hours ago #121324 by klippie
More dames, nog steeds BFN. Voel regtig goor. Het vanoggend my balans verloor en uit die kar geval en lekker gesloeg in die parkeergarage.

Sien die dr 10h45 vanoggend. Gaan daarna direk huis toe, so gaan nie kom post nie.

Sal Maandag laat weet wat aangaan. Julle moet lekker naweek hou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #121266 by Jo.Don
Sjoe julle praat HOPELOOS te veel vir my wat net saans op Moomie kan gaan!! LOL! So hierdie gaan ongelukkig 'n LAAAAAAANG post wees so ek waarsku vroegtydig!! ;)

Ansa: Hoop daai plasenta van jou gedra hom goed!! En rus rus rus!! Sterkte :laugh:

Beertjie: Hoop daai moemf van jou kom gou reg!! Infeksie is gagga! Ek het blindedermonsteking gehad op 18 weke en 2 dae op antibiotika drip! Hard gebid dat hulle nie hoef te opereer nie! Het die operasie geskip maar daai antibiotika het my ernstige jeukmoemf gegee! Haha! :blush:

Hexy: Hoop jy voel weer mens vandag! Dink aan jou en manlief! Bly om te hoor hy het darem uitgegaan saam met 'n vriend! Mans moet ook soms afpak by iemand! xxx :P
PS Haha oor placenta images! Ek kan myself net indink die pix wat opkom! :S

Nykie: Jammer oor AF die blixem! AF moes 'n man gewees het want net hulle kan mens so deurmekaar krap! Haha! :(

Driekie: Ek like die naam! Klink soos iemand wat ver gaan kom in die lewe en so mooi betekenis! :)

Tanasha: Ai man! Jammer om te hoor oor die O! Ten minste weet jy nou meer en is meer ingelig! Sterkte en ek hoop AF kom dat jou dinge rigting kan kry!! :blink:

Klippie: Jammer oor die 1 strepie!! Dalk weer more oggend toets! Of dalk eerder by die dok uitkom! Sterkte!! xxx :unsure:

Lalie: Gaan duime, tone en sommer ander mense se duime ook vashou dat hierdie jou BFP is!! FXFXFX!! :woohoo:

Aan almal wat ek nou nie persoonlik hallo gese het nie - HALLO!!
:woohoo:

Lekker aand dames!!

File Attachment:


File Attachment:


MC June 2010
Positive Thoughts = Positive Results

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #121260 by Lia
Hexy, ek stem saam Nel, ek het ook gedink na 2 MC's, sal ek nooit 'n gesonde swangerskap kan he nie, en hier sit ek vandag 17 weke, eintlik al amper 18 weke swanger. Ek dink nie jy hoef te veel te worry nie.

Jooste, ag nee man, hoop hy het medikasie gegee wat sommer gou gaan werk.

Girls, Morgan het gevra ons moet asb. vir Carli gaan vote, ek het nou net eers weer daarvan onthou en gou gegaan, sien sy kort nog 'n paar votes. Wil julle vir haar gaan vote nie asb. Hier is die link: www.moomie.co.za/home/34-blog-posts/333-...petition-voting.html

Lekker aand, dink nie ek gaan voor Woensdag weer in log nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account