× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #115273 by sexy~hexy
JOOOOOOSSSSSTTTTTEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!

Wow wow wow!!! Ek is sooooooooo bly jy het goeie FS gekry en dat dokter jou sommer dadelik gedoen het. LOL ek het mos ook 'n lap gehad, en dit was vir my seerder as my keiser...so strongs girl en vat dit rustig. Hoop nie jy is by die werk nie??????

Ek dink een van die dames hier het dalk ook al 'n mioom laat verwyder, hoekom dink ek nou aan Lalie?

Ek sien jou BFP binne die volgende twee of drie maande....partykeer is dit iets "eenvoudigs" (nie dat ek se endo is eenvoudig), maar 'n FS tel hierdie goed op....net snaaks gynie het dit nie ook opgetel nie?

MAAR NOU IS JY WEER OP 'N PVA...en wanneer jy dok in Nov sien nog 'n groter PVA.....

Jammer as ek excited is oor niks? Maar ek is soooooooo bly jy het gegaan en dat hierdie die begin van jou paadjie is na 'n baba :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115268 by Slakkie
Wonderlik Jooste sien dis uit en uit die moeite werd om na 'n FS te gaan nè. Jislaaik maar julle mors nie tyd nie sommer die Lap ook agter die rug!

Ek verstaan ook nie die mioom storie so lekker nie maar my een vriendin het dit en het 'n normale swangerskap mioom inkluis gehad.

En daai skouerpyn man oh man met my lap was die snye nie seer nie dit was my skouers wat my vrek gemaak het dit was veral seer as ek asem haal. My raad drink 'n pil en ek het geleef met 'n warmwatersak op my skouers dit help wonders!

Sterkte girl dink aan jou en is seker dat jy nou sommer binnekort oppie paal gaan wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115267 by Strik*kie
Jooste, ek is bly als het ok uitgedraai, as dr nie bekommerd is nie, hoef jy nie te worry nie. Een van die dae het jy jou BFP!!!!! Sien dit was toe nie so erg nie, nou is jy nader aan jou mikpunt.

Slakkie................AMen!!!! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115265 by TaNasha
Ah Jooste bly julle weet darem nou wat fout was! Nou is jy n stappie nader aan jou BFP!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115259 by TaNasha
Strikkie ek het geen idee hoe lank my LP is nie, ek weet nooit hoe lank my siklusse is nie en ek het nog nooit vir 100% geweet wanner en of ek ge o het nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115258 by joo~ste
More almal!
Ek is jammer dat ek nou eers update, maar my FS besoek was toe sommer 'n wilde woeste ervaring. Ek sal nou daaroor praat.

Eerstens...pragtige boepie-foto's!! My maag staan ook so opgeblaas dat ek net sowel ook 'n foto op die post kan sit...lyk of ek 15 weke swanger is!
Ankia, SH, Pais, Strikkie, AnjeD, Liz, Slakkie en die res - regtig dankie dat julle aan my gedink het. Ek is doodseker dat dit my alles gehelp het om deur die laaste 2 dae te kom.
Weeskind: Welkom en geluk met die BFP! Dit is wonderlike nuus!

AFM:
Ek het die FS 6 Okt (Wo) gesien en hy is absoluut die dokter wat ek wil he. Hy was geduldig en het sy tyd geneem om na al my "stories" te luister. Hy het 'n uitwendige scan gedoen en toe sommer dadelik gese: "jip...daar is deel van jou probleem". Op die scan was 'n duidelik wit bree strook weefsel direk agter die uterus wat teen die kolon vasheg. Hy het genoem dat ek dus defintief 'n mate van endometriosis het en dat hy dit net met 'n laparoskopie sal kan uitcheck en verwyder. My man (so hans soos wat hy maar is! :huh: ) - se toe vir die dokter dat ons van ver af gery het en dat hy wonder of ons nie sommer die operasie nog in die week kan doen nie, want ons is nou immers hier. Die dokter opereer net op Donderdae...so...so gese...so gedaan. Ek is ingedruk en was die laaste pasient van gister op die teater lys. Is 5pm ingestoot...het 6pm uitgekom...het 7pm in die kar geklouter en was 10pm in my eie bed. Het 'n laparoskopie en histerosopie gedoen. Die goeie nuus is dat albei my buise mooi oop is en die dokter is tevrede daarmee. Ook het hy heelwat endometriose verwyder. Wat my egter vandag bietjie bekommerd is...is dat hy ook 'n baie groot (hy wys so sirkel groote van 5 cm deursnee) "mioom" (spelling??) vanuit my uterus verwyder het. Ek het nou gesit en oplees daarop, maar daar is so baie verskillende soorte...en verstaan nie kop of gat van dit af nie. Ek was nog te deurmekaar toe hy met ons gepraat het, so DH moes luister...en julle weet mos hoe luister 'n man! :dry:

Die dokter se ontvangs het vanoggend gese dat die dokter my sou oornag hou as hy bekommerd was of as hy iets dadelik met my wou bespreek die volgende dag. Volgens my leer blyk dit dat sy opmerking was dat hy tevrede is met die operasie en my die 11de November wil sien vir terugvoer en POA bespreek.

So...ek is verlig dat daar iets gebeur het...en dat ons nou weet wat fout is. Ek is egter bekommer oor die vergroeisel ding wat hulle verwyder het en wonder hoe dit my kanse op swangerskap gaan beinvloed? My buik is opgepof...en my skouer is vrekked seer. Verder is ek effens seer as ek opstaan en rondbeweeg. Andersins voel ek darem nie te sleg nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115257 by Slakkie
Ja nee Strikkie ek dink ons is al van die OU OU OU garde wat TTC dis nou TYD vir daai BFP'S!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account