× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #114511 by Lia
More more dames

Hexy, ‘n vriendin het vir my ‘n oulike journal boek gekoop. Ek gebruik dit. Jammer oor kieter kat, dis dalk beter dat julle nie nou gou weer ‘n kat kry nie, nie terwyl die persoon wat gif uitsit naby bly nie. Ek wou nog altyd ‘n hamster he, maar my man wil niks weet nie - hulle is so cute.

Marie, geniet jou scan, ek hoop jy kry ‘n tydjie om vinnig te kom update voor die naweek.

Jooste, hoe was jou FS afspraak toe? Hoop jy het goeie nuus gekry.

Ansa, dink so aan die ekstra klas, as jy hom nie nou ‘n ekstra uur of wat help nie, sit jy dalk heel jaar volgende jaar weer met hom. Sterkte !! Ek het ook hier oor week 11 vreeslike trek krampe gehad, dink die spiere maak reg vir baba om op te skuif.

Dankie Tanasha, jou toets datum kom al hoe nader.

Dankie Liz, baie geluk en sterkte met die TTC !!

Julle girls moet ‘n heerlike dag he !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114504 by Liz
More julle!

Wow, Anje, dis fantasties!!!! Ek het skoon trane in my oë gekry nou toe ek jou post lees. Ek is sooo bly vir jou, dit moet die wonderlikste gevoel in die wereld wees. Mag jy elke oomblik geniet, dis so 'n wonderwerk! Jy gaan 'n fantastiese mammma wees vir daai kleinding. Stem saam met Hexy, hou 'n journal, dit sal so lekker wees vir kleinding wees om dit eendag te lees. Ek het nie so lank terug nie 'n briefie by my ma gekry wat ek kamstig vir my ouma geskryf het toe ek pasgebore was. Dis te cute en iets wat mens vir ewig kan bewaar.

Ai Ansa, sterkte met daai lui kind, hopelik trek hy sy sokkies op! Jy kan 'n donkie tot by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie! :P

Foeitog Hexy, jammer om te hoor van jul kat, dis altyd hartseer as 'n troeteldier sterwe. :(
Jip, daai kos was heerlik, en dit sal fantasties wees saam met 'n rootie. Ek het vergeet om te noem dat ek kerrie ook bysit. Dis nou lekker. 'n Slaaitjie daarby en Bob's your uncle.

Waar is Jooste, sal graag wil hoor van haar besoek by die FS!

Ek en DH het officially begin TTC! Yay!!!!! :silly:

Sal later weer inloer op julle, moet nou eers weer aan die werk kom, dit gaan 'n rowwe dag wees.

Hoop julle almal het 'n lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114485 by Ansa_S
More almal,

Vandag lyk darem of dit 'n rustiger dag gaan wees by die skool, alhoewel ek van 3-4 ekstra klas gee vir een seun wat donners lui is, net om hom te help om miskien matriek te slaag!

Hier is dit ook darem koeler want eergister was ongelooflik warm hier by ons.

Sjoe ek dink hierdie baba van my groei by die minuut,, want my maag kry hierdie week vreeslik weer die gevoel van iets is besig om te rek en te trek!

Lyk my die naarheid is ook iets van die verlede!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114478 by sexy~hexy
O ja...Marie gaan vandag vir haar scan...hoop sy kom post weer 'n mooi foto :)

En wag vir Jooste om te kom update oor haar FS besoek....

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114476 by sexy~hexy
More almal ...

Oooh...alweer bewolk en hoop dit kom gee vir ons reen...ek is mal oor sulke weer, waar dit warm is en bewolk en dan reen...

Hoe was julle aandjies?

Liz...daai kos wat jy gemaak het klink divine, dink ek moet dit vanaand maak, het net nie Sweet Chilli sous nie ... ons het Roti's, so dalk kan ek 'n tipe wrap maak....mmmm...

Ons kat is toe gisteraand dood, die een waarmee ons veearts toe was. Presies dieselfde simptome as laas, so weet nie of iemand hom weer gif gegee het en of dit 'n relapse was...darem het dit gou gebeur en terwyl ons nog wakker was....DH was baie sad, want dit was sy kat...maar nou gaan ons nie weer 'n kat kry nie...Het nou twee honde en 4 Hamsters en 5 Baba Hamsters....dis genoeg diere LOL

Anje...geniet dit, ervaar elke oomblik en ek weet nie of julle preggy fairies dalk 'n baby journal hou nie? Ek het 'n boek gemaak waarin ek briewe vir Jayden geskryf het en dit wat gebeur het (soos hoe ons op sy naam besluit het en toe ons uitvind dis 'n seun) het ek als neerskryf. So as jy wil, doen so iets Anje...omdat hierdie baba so spesiaal vir julle is :)

Leka daggie vir almal....

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114447 by TaNasha
ahh Anje jy moet jou swangerskap en super duper pakkie sommer baie geniet, jy het dit verdien!

Ons almal wat nog TTC se dags al nog kom!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114445 by Lia
Wow, dis 'n lang post. Jammer girls.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account