× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #114444 by Lia
Ok, so hier is my storie, ek moet met iemand deel. Ek het 'n lewens polis by Discovery met Vitality op, ek het vir die baba program geregistreer op Vitality en vandag my gratis pakkie gaan afhaal by Toys R Us.

Nou na my miskrame het ek altyd 'n magdom van vrouens gesien wie almal swanger is, ek dink meeste van julle sal die gevoel erken. Wel vandag het ek dit weer beleef, maar hierdie keer was ek een van hulle en dit was die lekkerste gevoel ooit. Ek hoop regtig uit my hart uit dat almal wat nog TTC ook binnekort daardie gevoel sal beleef.

Hier is die lysie met die gratis goed wat ek gekry het:
Boek met een kant : Expectant Fathers guide 2010 en een kant : Expectant Mothers guide 2010 – Het vinnig geblaai, lyk soos ‘n baie oulike boek.
Johnsons Mother & Baby boek – Nog nie geblaai nie.
Klein Fleece kombersie
Cariwell Maternity pad
Cariwell Maternity panty
‘n Avent Breast pump melk houertjie
Nuk 150 ml houertjie
Nuk 1 dummy
Bennets Baby Bum Crème – Super klein sample
Baby seba med Baby Cleansing Bas – Super klein sample
Johnsons baby wash 55 ml
Johnsons Aqueous cream 20ml
Justine Tissue Oil 60ml
Children’s lullabies of Africa – A collection from the Beautiful Creatures CD’s No 7 by Ed Jordan and Allan Glass
5 Huggies New Baby doeke
R100 Toys R Us / Reggies Voucher
‘n Klomp Nappy Vouchers waar ek 10 % Afslag kan kry op Huggies / Pampers
Vouchers waar ons afslag kan kry op sekere prams en car seats, ons het klaar gesien ons gaan nie die pram afslag gebruik nie, maar miskien wel die car seat.

Hoop nou nie ek het iets gemis nie.

Ek weet dis maar 'n standaard pakkie wat gestuur word en meeste mense kry so iets of iets soortgelyk, maar toe ek vanaand by die huis kom en die goedjies uitpak, het ek net weereens besef ek is swanger en gaan 'n ma word. Dis groot !!Wow, ek kan nie glo my kind gaan hierdie doeke, bottel en dummy ens. gebruik nie, die pakkie is actually myne. Wow, dis nogal oorweldigend op die oomblik.

Daar was 'n stadium wat ek gedink het daar is iets fout met my en ek sal nie sover kom nie, maar ek het. Skies ek pak af, maar dis 'n lekker gevoel en ek hoop regtig julle TTC girls kry binnekort dit kans om so te voel !!

Lekker aand almal.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114438 by Lia
Ek het vanmiddag uitgevind dat die openings specials is aan tot die 14de, so dink darem hulle sal baie stock he. Ons gaan dan more aand loer.

Drix, jip, daar die yummy mummy preggy bande is awesome !! Ek het nog nie eintlik cravings gehad nie, behalwe nou die suur roomys ene, maar dis darem al oor en nou die smoked beef chips, maar die chips ene is al ‘n rukkie hier – so dink dis maar net lus en nie craving nie.
Hi Cornel, lekker om van jou te hoor. Dankie tog ml se skofte is nou amper weer normaal.

Gaan net gou my kos klaar maak, het 'n storie om te vertel.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114425 by Liz
Driekie - ek het ook altyd op hoërskool kriekettellings gehou, maar het darem nie nodig gehad om kinders op te pas nie. Respek! :lol: En daai toebroodjies klink heerlik!

Hallo Cornel, lekker om van jou ook te hoor. Bly jou DH gaan darem nou weer dagskof begin werk, nagskof is seker nie altyd maklik nie.

Ek gaan vanaand bietjie tuna in 'n pan braai, bietjie garlic, sweet chilli sous, en gekapte uie. Sit dit dan op broodjie, of rye vita. Hmmm, dis heerlik, ek is sommer nou honger.

En JoDon, ek is darem nou nie gepla oor die pennetjies nie, maar wel oor hoe dit opgehang word. Gelukkig het DH vinnig geleer. Oooh, en 'n badmatjie.....ek kan horries kry as my man met skoene op 'n badmatjie trap. Is ek al een? Hahaha.

Nou toe, hoop julle almal het 'n heerlike aandjie!!!! Gesels weer more! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114406 by Cornel
Goeie middag Dames!

Jammer ek is so mia,maar DH is mos by die huis (klaar nagskof gewerk) hy is darem nog net more by die huis,dan is ons weer terug op dagskof!

Ek is so bly om te lees dat dit goed gaan met almal!

Anje ek hou van jou boepie fotos!!!!!!!!!!1

Hexy,I LIKE I LIKE! Ek wil ook ons kamer oordoen,maar dit sal maar eers moet wag tot ons permanent in die SA is en op die plaas bly.DH wil he ons kamer moet DONKER BLOU wees,so ek moet nog gaan soek. Het nou die dag so vinnig op die net gekyk by Sheet Street,lyk nogal of daar iets kan wees waarvan ons sal hou.

Ek het als opgevang maar ANJE en HEXY is die enigste 2 wat ek kan onthou ! So girls julle moet ge eerd voel!!!!!!!!!! ;)

Lekker middag vir julle almal!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114404 by Driekie
Haha Tanasha - ek is self nou baie honger!
Ek is deesdae op hoe varser hoe beter en as dit nie gaar gemaak hoef te word nie - NOG BETER!!
Ek is seker ek sal n ete kan maak van Carrot&Cellery Stokkies en happy wees!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114402 by TaNasha
oe hoe word ek nou honger! Klink yummie Driekie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #114400 by Driekie
Tata Hexy!!!

Jy ok Anje - ooooh klink lekker - doen dit, jy kan baaaaaaie winskopies kry!!!

So gepraat van - daai Yummy Mummy Praggy Bande - die R30-00 was toe n opening special wat hulle gehad het by Baby City naby my ma'le (kon my dinges skop oor ek nie toe ene gekoop het nie)
Maar nou toe ons die lang-naweek daar was het ek toe vir my ene gekry R120-00, en WOWOWOWOWOWOWOW - absoluut die moeite werd!!!!!!!! Ek kan nou al my broeke met zips en al los dra, ek sit net die band aan en dan bly my broek bo en sak nie af nie!!!!!En dis baie gemaklik!!!

Dankie Ella!!Julle klomp maak my dag vandag!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account