Ek sukkel gou met my ticker, sal dit gou probeer verander...hehehe. Maar ai, dis omtrent 'n proses, elke keer as iemand hier inkom moet ek minimize, anders dink hulle ek werk nie!
Ja julle, die name kan nogals 'n gewigtige storie raak. Wie van julle het almal doopname? Ek weet nie wat dit was met daai tyd se mense nie. Ek dra myself dood, ek is gedoop Johanna Elizabeth. Was dit nou 'n gesukkel toe ek in Amerika gewerk het, want my noemnaam is anders as wat my paspoort sê!!! Nooit sal ek dit aan my kind doen nie. Seuntjie twee name, dogtertjie net een. Die name wat julle hier genoem het is almal pragtig. Anje - ja, weet nie of Kea so lekker gaan werk nie..hehehe, flink dink van jou man se kant af!
Karin - Kiana Meyer....hmmmm, pragtig! Dit gaan 'n pragtige dogtertjie wees!
Ons het skaars begin TTC, maar ons het ook klaar name uitgedink. Ons gaan dit maar so in die familie probeer hou, die oumense kan tog so vinnig op hul perdjies spring. Dogtertjie gaan Leri wees (oumas is Helene en Rina) en 'n seuntjie is Luan (ruan en paul). En nog 'n dogtertjienaam Jana (van Johanna). Ons praat al klaar van die "kinders" en noem "hulle" op hul name. Praat van weirdos!
Ansa, ek kan dink jou sus sien baie uit daarna!!! Julle moet dit geniet! Ja, mens moet so heeltyd dink aan die skoonfamilie ook....
Hexy ek kan nie glo iemand het jul kat vergiftig nie!!!

As ek darem so mens in die hande kry....