Hi Jooste,
Baie welkom terug. Ek is bly om te hoor jy het jou trippie geniet ten spyte van die feeks wat opgedaag het. En ek hoop jy cuddle jou katjie sommer lekker baie.
So ja ek is nou net so oor sewe weke swanger. Ek gaan more vir my eerste scan en kan nie wag nie. Ek het op 13DPO gesien my BBT klim so toe pieps ek op 'n stokkie. Clearblue digital: se toe ek is 1-2 weke. Ek het die oggend gegaan vir bloods. My Beta telling was toe 125 gewees. Gynie in Wellington het gese dit is heel goed vir my datums en ek hoef nie twede bloods gaan doen het nie. Was helse mission om gynie hier in Pretoria te kry. Het een gekry by Wilgers, Dr. Vrey.
So nou wag ons vir more... Is baie opgewonde en effens skrikkerig. Hopenlik is alles oraait en kan ons 'n hartkloppie hoor!
Dit is nou natuurlik die BAIE kort weergawe van my swangerkap tot dusver. Daar was natuurlik BAIE trane ook betrokke. Ek het net 'n halwe rede nodig om te grens: Huil as ek hartseer is, huil as ek gelukkig is, huil as ek kwaad is, moeg is, ag en soms huil ek sommer net omdat ek kan...
Simptome: Ek is baie moeg, slaap seker so 12 ure per dag. Ek voel effens naar in die oggende, maar gooi nie op nie. My (.)(.) is baie seer. ek wil alles voor my eet, maar sodra ek dit naby my mond bring wil ek dit nie meer he nie. Ek het eerste paar weke krampe gehad. En ek weet dit is TMI, maar my maag is baie los, amper soos een wat maag virus het.
Hopeful,
Ek is so opgewonde jy kan met my toor op die oomblik. Kan nie wag vir more nie!
Zarah,
Sterkte met die laaste wag voor testing. Hoop jy kry ook jou BFP die maand!
Wel Dames,
Ek gaan nou eers groet, lekker aand vir almal en sien julle more.