× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #112837 by Strik*kie
Anje, ek probeer om niks te se nie, hulle het nie medies nie en dr het self gese sy moet eers op 6 weke kom dis volgende week (haar afspraak) hy het ook nie weer gevra sy moet bloed doen nie, dis wat snaaks is. Sal maar later met haar praat en hoor, want sy ken nie van die goed nie, dis hoekom ek nie seker is is dit die hcg levels nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112834 by sexy~hexy
My telling was 405 op 4weke....en het nie weer 'n toets gedoen. Maar ek stem met Anje, 'n ontvangsdame is NIE 'n dokter of ginekoloog...so sy moet aandring om 'n dokter te sien of ander plan maak, ek het nie meer tyd vir onbehulpsame dokters en ontvangsdames :angry:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112831 by Lia
Strikkie, moet haar nou nie op hol jaag nie, elke persoon is mos maar anders, maar miskien moet sy die toets weer laat doen en kyk wat is telling. Maar as dit 4/5 weke is, klink dit vir my ook nie goed nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112825 by Strik*kie
Weet julle haar AF moes 21e begin het so sy was ontrent week laat toe sy bloeds gedoen het, so ek skat sy moet dan 4 of 5 weke wees. Sy het buisswangerskap gehad paar mnde terug en 1 buis verloor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112811 by Ansa_S
Strikkie myne op 4 weke was 705, maar ek het 2 vrugsakkies. En 'n week later was dit oor die 6000

Met my 2de miskraam het my telling ook vreeslik stadig vermeerder en glad nie verdubbel nie, so dit is gewoonlik 'n aanduiding dat bevrugting plaasgevind het maar niks het verder gebeur nie.

Hul noem dit baie keer 'n chemiese miskraam.

Sy moet liewers haar huisdokter bel as die ginekoloog haar eers op 6 weke gaan sien.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112808 by Lia
Strikkie, hoe ver is sy omtrent - 2 weke? Klink soos 'n baie vroee telling. Ugh, ek haat dit dat die drs mense eers op 6 of 8 weke wil sien, ek verstaan hulle kan niks sien nie, maar hulle kan ten minste haar progestoroon toets en kyk of dit reg is. My advies sou wees om weer 'n toets te doen 'n week later as die 1ste toets gedoen was en ook sommer haar progestoroon te toets. Baie van die ontvangsdames is nie baie behulpsaam nie, sy moet nie nee vir 'n antwoord vat nie, dis haar baba, nie hulle s'n nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112799 by Strik*kie
Anje, vriendin se telling (ek weti watter nie) was 18 en na 2e dag 24, nou wonder sy want ontvangsdame het gese dis haar telling maar dit het nie verdubbel nie. En sy kan eers op 6 weke dr sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account