Hallo al julle lieflike mense!
Ek het nou 'n baie lank briefie getik, maar toe ek op "submit" kliek, toe is als net weg. So here goes......
KarinM, baie geluk! Dis darem lekker om sulke goeie nuus op 'n Maandag te kry! Hou ons op hoogte!
Jooste, moenie bekommerd wees oor die FS afspraak nie, dit sal goed gaan, en voor jy jou oë uitvee, sit jy met 'n BFP!
AnsaS - hoe oud is die kinders vir wie jy klasgee? Ek het baie respek vir onderwysers, dit kan nie aldag maklik wees nie!
JoDon, ek is bly jy't die potjiekos geniet!
Hexy, jammer om te hoor van julle emosionele naweek. Siestog man, ek dink aan julle. Maar ek hoop nie julle't daai goedjies te ver weggepak nie, want ek dink julle gaan dit binnekort weer nodig kry!xxxx
Strikkie, 'n naweek is mos maar altyd te kort, maar ek is bly julle het dit geniet, mens het 'n breuk nodig af en toe.
Klippie, jy beter ons als vertel van julle vakansie, waar was julle gewees?
Blessed - Armand is 'n pragtige naam! Bly om te lees die outjie is so gelukkig en Mamma geniet hom.
Slakkie - BD BD BD BD BD BD!
Van watse tellings praat julle? Ai, ek is dom met hierdie goed.

Ek sien julle praat van kleur van AF.... wat beteken dit is as dit baie donker, omtrent bruin is? Toe ek nog op voorbehoeding was, toe was dit so 'n mooi helder rooi, amper 'n shocking kleur.
Nou ja, ek hoop nie ek het iemand uitgelaat nie, hierdie poging was aansienlik vinniger as my vorige een......Kom ons hoop hy gaan deur!