× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 weeks ago #112008 by sexy~hexy
More almal

More Liz....jip, hier kan jy Afrikaans praat dat jou tone omkrul. Soos Marie gese het, vertel ons meer van jouself!

Cornel, wat het daai kit gekos? Ek sal ook graag so iets wil doen, net vir myself en familie en vriende...hier is genoeg mense wat dit professioneel doen.

Dankie tog dis Vrydag! My eerste week terug by die werk is verby. Voel net ek het erens 'n dag gemis, voel of dit vandag eers Donderdag moet wees.

Ons het nog nie vaste planne vir die naweek, Mario begin weer Sondag te werk, so het maar net vandag en more om goed te doen. Wil regtig in die huis invaar en skuif en uitgooi, so moet dalk vanmiddag al begin.

So bly Ansa se baba groei so mooi :) Hoop sy kom post sonarpics volgende week.

Lekker daggie vir almal, ek loop vroeer vandag want baas is nie hier nie :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #112005 by marie r
Hallo almal.

Eerstens welkom Liz. Hoop jy gaan lekker chat hier by ons. Vertel ons bietjie meer van jouself.

Anje, dankie vir die laat weet van Ansa en baba. Is so bly alles gaan goed. Hoop sy kom post darem volgende week 'n ou scan fototjie.

Aan al die ander, hoe gaan dit vandag.

Jippeee dit is Vrydag. Wat is op almal se skedules vir die naweek? Ons gaan aan so paar dinge hier by die huis werk en môre oggend het ek 'n vriendin se babyshower aan. So dit is alweer 'n bedrywige naweek & volgende week Donderdag gaan ek vir my scan. Kan nie meer wag nie. 5 weke is 'n lang tyd om nie vir boeta te sien nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111930 by Liz
Hallo julle almal!

Ek het so paar posts gemaak op die Engelse ttc thread, maar hoekom dan nou sukkel met die engels as ek dit in afrikaans kan doen? :P

Toemaar Jooste, ek kom ook altyd op die forum as die ander huis toe gaan. Dit was mal, ek hou nie baie van maandeindes nie.

Hoop julle almal het 'n heerlike aandjie! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111926 by joo~ste
Wel, ek het die hele middag se chat gemis...my dag is net te besig gewees vandag!

AnjeD: dankie vir die goeie wense met my FS besoek. Ek piepie so bietjies in my broek van bang-wees oor wat voorle!
Slakkie: Ek gaan hard bid dat jy nie eens die IVF besluit sal hoef te maak nie. Die IUI moet sommer die dadelik suksesvol wees!!
G: Ek is jaloers op jou Balito trippie. Ek sou wat wou gee om hierdie wit lyf 'n bietjie van 'n tan te voorsien.

Ek sien julle het gesels oor Clomid / Fertomid. Die gynie het ook vir my verduidelik dat as 'n mens ovuleer dit nie noodwendig kan help nie. Maar ..Clomid maak blykbaar dat jou eierselletjies "beter" groot word en dat die corpus luteum vir langer progesteroon afskei (vandaar dat sommige vroue se siklusse effens verleng word met Clomid). Hy noem ook dat 'n vrou se nou maar iets soos 12 eierselle in 'n jaar vrystel (prakties gesproke se nou maar 1 elke maand), maar dat van daardie 12 dalk net 3 of 4 goeie kwaliteit is. So, met Clomid verhoog 'n vrou se kanse ook ietwat om dalk elke siklus 'n goeie kwaliteit eiersel vrytestel en meer as een wat kanse verhoog vir konsepsie. Natuurlik verminder Clomid die EWCM...en dit is ook nie ideaal nie. Met my laaste dosis Clomid (75mg)...het ek byna GEEN EWCM gehad nie.

Wel almal - lekker aand verder
(sug)...ek kom ook altyd hier op die hond se stert aan as julle almal al weg is. :dry:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111902 by Lia
Girls, ek kom groet net gou. Julle moet 'n heerlike middag he !!

Nuus van Ansa:
Baba groei mooi, is 33.6 mm, hartjie klop 168 bpm. Dr baie tevrede en baba het so mooi beweeg, lyk of dit vaskop in my maag en ruggie reguit maak. Neusbrug is al daar en dui dat daar nie afwykings is nie en nekvel meet ook reg vir nie downsindroom nie. Harkloppie gehoor en toe huil ek sommer !

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111881 by Cornel
Ek gaan ook nou gou die vroutjie se naels doen!

Lekker aandjie vir julle almal!
Ons gesels weer more!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111880 by Cornel
Hulle het vir my 'n kit gestuur en 'n dvd!...

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account