× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 weeks ago #110748 by Cornel
Goeie more dames!

Beertjie! Sjoe jong ek is so bly om te hoor dat jy en baba okay is........moet se my maag het nogal 'n knop getrek toe ek lees dat daar bloeding is........Baie sterkte vir jou en net alles wat goed en mooi is vir jou en jou baba!

Hexy moenie skaam voel oor hoe jy voel nie,dis normaal.......Ek dink elkeen van ons rou saam met jou,want ons was "saam" met jou swanger........ek was dan jou partner in time! LOL
Baie sterkte vriendin en onthou HIER is baie ore..........ons is daar vir jou!

Wel julle hier in die congo gaan nie veel aan nie,dis warm en die wind waai en ai my DH is weer soos 'n beer met 'n seer tand ~ Hy het so onder die Belgiers gehoor dat die baas baie moeilik is oor die verlof datums.......ALMAL hier wil nou ewe skielik Desember huis toe gaan..........so ons sal nou maar sien wanneer is ons beurt.............Ek hoop en bid ons kan Desember gaan,want as ek nog 'n Kersfees hier moet sit,gaan ek myself in 'n depressie in huil!!!!!

Wel nou gaan ek gou so vinnig deur FB gaan en dan weer aan my varksiektes werk........het darem nou al 46 gedoen en ek het nog so 108 om te doen!!!!!!!!!!!

Het nou so teelepeltjie vol Bioplus gedrink en nou is ek vol bewerasies.........

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110744 by Slakkie
Hexy welkom terug (((((HUGS))))))


ALmal howzit hoop dit gaan goed met almal.

Beertjie bly alles is OK.

Jooste dalk moet jy toets.

AFM CD 7 vandag so niks verder om te report nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110735 by Lia
O, hier is 'n gedagte vir die dag:

"Failure does not mean that God has abandoned you.... It means that He has a better idea for you"

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110733 by Lia
Jooste, miskien moet jy toets. Miskien is dit implantasie bloeding.

Beertjie, sjoe, sug van verligting. Ek is so bly alles gaan goed met julle twee. Wat se die dr? Het hy iets vir jou gegee? Hoekom het dit gebeur? Ag wat ek is net so bly alles is ok.

Toemaar Hexy, soos hulle se, tyd is 'n wonderlike ding.

AFM: Ek gaan weer 'n besige dag he, so gaan moontlik nie veel in log nie. Ek voel goed vanoggend, net moeg, het weer sleg geslaap gisteraand. Moet eerlik se, as ek nie geweet het ek is swanger nie en as ek nie gisteraand doppler gebruik het nie, het ek gedink ek is nie swanger nie.

Julle wonderlike dames moet 'n heerlike dag he !!!! Ek wens natuurlik die dag om vandag.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110712 by sexy~hexy
More almal

Ek het gisteraand gepost van selfoon af, maar lyk my nie dit het gewerk nie.

Beertjie, ek was so bly en verlig toe ek sien jy het kom post, en dit met goeie nuus. Wat se die dr?

Dames, baie baie dankie vir my geskenkie, ek het dit gister gekry. Dit is so spesiaal, veral die Tatty Teddy - ek wou mos aan die begin Tatty Teddy gebruik as 'n tema, en het toe later net op Teddies besluit. Julle is regtig almal so amazing en spesiaal, en ek glo God het ons op mekaar se pad gestuur, om daar te wees vir mekaar in die goeie en slegte tye. Ek is so dankbaar om elkeen van julle te ken, al is dit net op chat, voel dit of ek julle al jare ken. Baie dankie.

Ek wil ook se, daar gaan dae kom wat ek gaan afpak en kla...moet asseblief nie vir een oomblik dink ek soek skielik weer aandag of simpatie. Ek sien hierdie plek as die plek waar ek kan kom afpak, en ek weet julle sal verstaan.

Ek is vanoggend baie emosioneel....gister was vir my erger as wat ek gedink het dit gaan wees...en toe ek Beertjie se goeie nuus sien was dit vir my soos 'n vuishou in die maag...want toe vra ek hoekom kon dit nie maar met my ook gebeur het nie....en later toe kry ek 'n sms waar ek uitgenooi word na 'n babyshower...en dit was die kersie op die koek. Sulke klein dingetjies wat my skielik vang....ek besef toe net weer opnuut hoe het ek self uitgesien na my babyshower...want ek het nooit een met Jayden gehad nie....en skielik voel ek nie meer "spesiaal' nie...want vir my was dit so spesiaal dat die Here my kom kies het om 'n tweeling voor te gee....

Ek weet hierdie als is goed waardeur ek moet gaan, wat gaan gebeur...en ek gaan nie terughou as ek emosioneel voel of kwaad of hartseer. So al wat ek maar vra is 'n oor om te luister, nie noodwendig raad of advies. Om so te sit en skryf is vir my ook 'n "healing process".

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110681 by VB2010
Hello almal

Was BAIE lanklaas hier, so het nie 'n clue wat aangaan en wat nie

Hexy wil net gou vir jou kom sê ek was soooo geskok toe ek die nuus hoor, dink aan julle en bid elke dag vir julle vir krag van bo, ek is verskriklik jammer dame *hugs* pas jouself ekstra mooi op

Rustige aand vir julle almal en mooi bly
:)

File Attachment:

File Attachment:

TTC 1ste LO vanaf 2006
1ste Rondte Fertomed 10 Mei (50mg)
2de Rondte Fertomed 11 Junie (100mg)
3de Rondte Fertomed 13 Julie (100mg)
Bloed Toetse 13 Mei
HSG Toets 14 Mei
Taking a break....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #110661 by Beertjie
Hallo julle!

Jammer ek kon nou eers hier in log. In die vervolg los ek my sel nommer hier 082 413 0083.

Die Vader is so goed vir ons, alles is goed met baba! Was van een dokter na die ander vandag. My plasenta het van my baarmoeder los geskeur aan die bo punt en dit het die bloeding veroorsaak. Het babatjie se hartjie sien klop en hy het omtrent gewoel! Ek huil nou nog van verligting!!!!!
Ek dank net my Hemelse Vader dat hy so mooi na ons babatjie kyk.

Dankie vir al julle gebede en dat julle aan ons gedink het, ek waardeer dit opreg. xxxxxxxxx

Ek sal more bietjie kom inloer en hallo se...

Hoop julle het 'n lekker aandjie..

Al my liefde vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account