More more dames
Hi Marie, ek is baie bly jy voel beter, daar is niks so sleg soos om goor te voel nie. Die winter is darem amper verby.
Hi G, dis wonderlik dat Riko beter is. Ons hoop dit bly so. Dis snaaks dat die ander twee dit nie opgetel het nie.
Ansa, ek is bly AF het nog nie opgedaag nie, ek vat dit as 'n goeie teken. Ek kan nou nie comment oor die opgooi nie, maar ek hoop dis ook 'n goeie teken. Ek dink dis beter dat jy wag vir Vrydag, dan weet jy verseker en as dit negatief is, dan toets jy weer Maandag oggend.
Waar is Hexy vanoggend, ek kan nie wag om haar phodies te sien nie.
Wow M2M, jy het 'n pragtige baba seuntjie. Hoe cope boetie met nuwe baba in die huis?
AFM: Was weer naar gewees vanoggend voor ek pil gedrink het, het nou 'n hele halwe pak Cheese Nacks opgeeet - ek was lus vir die kaas chips smaak. Julle my man is so oulik, hy het gisteraand vir my streng instruksie gegee dat ek vir die volgende 4 weke niks mag doen nie, ek moet net rustig wees en myself oppas. Hy sal sorg vir kos in die aand en hy bring elke oggend my pap in die bed. Hy het ook klaar met bediende gepraat, hy wil haar verander van 2 dae na 3 dae per week sodra baba kom. Sodat ons meer tyd het om op baba te fokus. My ma se ou hout kot is nog in die stoor, hy gaan dit laat restoureer ens. Klink my hy het al baie ver vooruit begin dink. Ek kan maar net lief wees vir hom, ek het die beste man ooit. Ons kan nie wag om more dr te sien en te hoor wat hy se nie.