× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #94059 by Cornel
Sjoe maar nou is dit darem baie stil hier..........????????

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94008 by ChaNa
Hi Ek mis heeltyd vir tienka, ai tog.

Tienka so bly dit gaan goed met jou en shayne. Ek onthou hoe vinnig het hulle groot geword mens kan dit nie glo nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94007 by Strik*kie
Thx Tienka, sorry man nou hardloop ek so soos afkop-os rond, sou graag wou chat. Mooi bly en nie so skaars wees nie. Soene vir daai mannetjie!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94002 by Cornel
Baie dankie Tienka!

Ek is nog met julle ,maar gaan maar eers nog wag met die babatjies..........sal maar weer einde volgende jaar probeer!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93996 by Tienka
Ek gaan nou eers groet en myself deur die stort trek voor Shayne wakker word vir sy volgende bottel. Ek sal probeer om later weer te kom inloer. Ek mis regtig die dae toe ek so elke dag kon chat, maar nou ja.........


Strikkie, ek hou vir jou duime vas girl en jy is in my gebede!! Cornellie jy ook hoor!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93980 by marie r
Jip, 'n mens kry nie gerus met hulle by die huis nie. Dit is hoekom Eduan die hele week maar kleuterskool toe gaan vir halfdg. Dan kan ek darem van 7 uur af tot 2 uur rus. En dit was omtrent hemels vandag gewees. Jong ek moet iets doen om van hierdie verkoue ontslae te raak, dit kan nie so aangaan nie.

Wou nog sê dat ons bietjie nuwe foto's soek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #93971 by Tienka
Hallo Marie, dis moeilik om te rus met die kleintjies by die huis. Sterkte!!

Cornel, ek het al vergee hoeveel tyd so 'n klein babatjie vat, maar dis so lekker, die mannetjie le nou rustig langs my op die bed en slaap, klein klitsie. Ek moet weer nuwe foto's op fb sit, hy groei teen 'n spoed, dis eintlik baie sad, hy is vrydag al 6 weke oud, die tyd vlieg te gou verby.

Waar is almal vandag, noudat ek vir 'n slag kans kry om te chat is meeste mia LOL

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account