× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #94272 by G Baby
More almal.
Marie,bly dit gaan beter daar by jou,maar al wat help as mens bietjie kan rus.
Hexy-laat weet hoe dit was,ek was nog nie op FB nie.
Ansa,erg nuuskurig,maar sal geduldig wag tot vrydag,daai opgooi is goeie teken jong,dit het met my ook gebeur,nog voor ek geweet ek is preggies. Hou duim vas!!!!
Nelria en morgan hoe gaan met julle en babatjies?
Met RIko gaan dit beter vandag,sy magie het darem nog nie weer gespoel nie en ook nie weer opgegooi nie,hy kuier vandag bietjie by sy ouma,so ek kan bietjie iets gedoen kry by die werk. Net De Nys wat hier is en die pla mos nie. As hy nie aan my gedrink het nie het hy ook saam na ouma toe gegaan....
Mag julle almal heerlike daggie h?.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94258 by Ansa_S
O ja en ek het nog nie getoets nie, plan is om dit eers vrydag te doen as af nogsteeds nie hier is nie!

Is bang die fertomid maak dalk net my siklus langer as 28 dae.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94253 by Ansa_S
More almal!

Hexy sien op facebook als het goed gegaan, is bly!

Marie bly die le laat jou bietjie beter voel!

AFM: AF het nog nie haar ogies gewys nie! Net vreeslik baie trek pyne, veral in die aand. Dis die rerige simptomes.

Julle ek is seker ek loop rond in my slaap en doen skelm oefening, want my maagspiere bokant my naeltjie is effens styf!

O ja en vanoggend het 'n vreemde ding gebeur, het hare gewas bo-oor die bad, daarna toe loop ek kombuis toe vir koeldrank toe begin ek hoes en toe word my mond vol van daardie waterigheid net voor jy opgooi, toe hardloop ek vir badkamer en gooi op, maar niks kom uit nie, stap toe spaarkamer toe vir toiletpapier en vat 'n slukkie coke zero goeiste toe spuit dit by my mond uit!

Ek het nie eers naar gevoel regtig nie, net opgegooi, maar net water en koeldrank. Hoop nie ek is besig om gastro te kry nie!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94245 by marie r
Môre girls. Waar is almal vanoggend? Dit is nog so stil hier.

Hexy ek wag vir 'n ordentlike update. Het darem op facebook gesien dat alles goed gegaan het.

AFM: Dit gaan darem vandag so bietjie beter. Dink om in die bed te bly help darem so bietjie. Gaan maar vir die res van die week in die bed bly. So ek sal maar net so dan en wan kom inloer.

Ansa het jy enige nuus al vir ons?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94157 by Mommy2Monster

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94087 by G Baby
Hallo julle,bietjie besig gewees vandag met kids en al hulle dinge.
hoop dit gaan goed met julle almal,sien Tienka en M2M was op.
Jammer ek het julle gemis,M2M bly dit gaan goed en jammer oor die borsvoeding. Tienka,bly jy ook nog hier,ons kry ook maar min tyd om te kom chat,
Morgs,wat vertel jy my!!!! Jy moet maar toetsie doen,sterkte!
Ansa,het jy al getoets?
Driekie-bly dit gaan goed met jou ook.
Sjoe nou kan ek nie meer die res onthou nie....
marie,cornel,strikkie,Anje,hexy,charlaine-HELLO :) :) :)

By my nie veel nuus-kinders voor,kinders agter,kinders bo en onder.....
Riko se magie nogsteeds nie lekker nie,het kantrexil(maag antibiotika) vir hom gekry,die arme mannetjie is so maer,nou kry hy nog dit ook.
met de Nys gaan dit goed,drink nog lekker borsmelk en weeg al 6kg....vet en gesond en kan nie kla,hy soet babatjie.

lekker aandjie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #94080 by Lia
AG nee, mis ek al weer vir Tienks.

Jammer girls, was bietjie besig vandag. Ek groet nou, voel bietjie snaaks en kan nie wag om plat op by rug by huis te gaan le nie.

Lekker aand vir julle !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account