Hallo julle! So bly om te sien dit gaan goed met almal - Anje veral jy! Daai mensie gaan stick, pas jou mooi op.
Ooohhhh Driekie... hoe lus maak jy my nou vir daai Lemon meringue...mmmmmhhh, jou resep lyk heel maklik en njammie Hexy!
Gaan die naweek probeer.
Ansa, LOL vir jou man... maar gee die man die eer as hy reg is!

Hulle het soms ook hierdie funny sesde sintuie oor dinge jong.
Ai, ek voel so sleg, en en my man het so 'n lelike uitval gehad gister en dit oor simpel goed!! Ek is so humeurig dis aaklig

Ek voel permanent naar en mislik en opgeblaas en en en.... Ugh...wens so dit wil nou einde kry. My man weeti meer watter kant toe nie en ek ook nie

Hierdie keer is my hormone regtig op loop en ek voel so buite beheer. Wil so graag die swangerskap geniet want ek weet dis my laaste..maar dis so moeilik op die oomblik.
Sorry, wil net iewers bietjie "vent", ek weet ek is nie alleen in hierdie bootjie nie, baie vrouens gaan daardeur.
Het nog raad nodig seblief... WAT op dees aarde maak julle dames vir jul gesin of man in die aande as julle so narerig voel???

Ek wil nie naby vleis kom nie en het geen lus vir kosmaak nie, waar ek gewoonlik mal is daaroor.
Enige maklike, vinnige idees?