Hexy ek sien nou eers jy het my gister gevra hoe die ete toe was wel jy wil nie weet hoe het ek die naweek gevoel nie, ek was lus en pak my tasse en los almal net agter!
Ons was saterdag deur die oggend vinnig daar om sy oom hulle te groet, nou ja toe was daar gelukkig 'n huis vol mense, maar my skoonsussie het weer daar so sarkastiese grap gemaak van my man se bakkie, maar ek het net gemaak of ek dit nie hoor nie.
Saterdagaand toe vat ek my man se selfoon en gaan deur sy sms'e iets wat ons baie doen sommer so saam saam in die bed, nou ja toe kom ek af op sms'e wat skoonma vir hom gestuur het die dag toe ek haar en skoonpa gesms het.
Sy is agterbaks en skynheilig, het hom dadelik gesms en gevra of is hy bewus van die snottie sms'e wat sy vrou vir hulle gestuur het, en kan hy glo ek het tot die guts om sy pa aan te vat. En ek sal hulle nooit aanvaar as my ouers nie, nou ja toe se hy hy sal by my hoor wat ek gsms het, toe stuur sy vir hom die sms wat ek vir hulle gestuur het en daarna toe se sy hy moet dit net los want anders loop ek weer vir maande met 'n kak houding rond!!!!!!!!!!
Ek was so so onsteld het sommer hartkloppings gekry en begin tjank van absolute bemoerdheid!
SO toe kan jy net dink hoe lekker was sondag se ete! Moes my pose hou, maar is so gatvol vir hulle ek kan braak!