× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #90123 by Lia
Dankie Morgs. Het nou nou weer bietjie bloed gehad, gaan probeer om nou huiswaarts te keer, plat in bed.

Hi Drix, lekker om van jou te hoor. Ag jammer oor die diefstal jong, ten minste het jy bewyse om hulle nou vas te trek. Ek is ook lekker naar en kon amper nie my kos af kry nie, maar dit mag dalk die pille wees. Is ook so lekker opgeblaas, maar dit kom en gaan darem.

Oe lekker Ansa, baie jaloers op jou. Ek sien jy kan lekker volgende week toets. Whooohooo !!

Hi G, baie dankie, ag shame ek sal my man moet stuur om vir baba inspuitings te laat gee, want my hart breek vir hulle.

Marie, jong ek kan nie se, ek weet nie eintlik hoe dit moet lyk nie. Kom ons hoop maar dis 'n dogtertjie. Nog omtrent 4 weke en dan behoort jy te kan bevestig ne.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90117 by Driekie
Marie - seuntjie...dis wat ek dink maar ek kan nie regtig sien nie..miskien is ek bietjie blind!


Skuus julle - ek moes elke stukkie papierwerk vanaf 1 Januarie tot nou deurgaan!Maar dis nou so te se gesort en nou kan ek weer chat!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90113 by Ansa_S
Nee Marie ek sal jou nie kan help nie, is nog dom met sonar foto,s!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90110 by Strik*kie
Sjoe Marie, ek sal nie kan raai nie, dink ek is bietjie dom met die lees van die foties :blush:

Ag lekker Ansa, jy mag mos maar, so waarom nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90109 by sexy~hexy
Seuntjie Marie??

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago - 16 years 2 months ago #90103 by marie r
Hallo Julle

Het nou gou weer 'n tydtjie om in te loer.

Gaan gou 'n foto post van my scan van Donderdag. Dan kyk ons wat julle sê wat die geslag is

Dr sê presiese woorde was: "Sjoe dit is 'n moeilike een. Seuntjies s'n sit gewoonlik hoêr op en staan regoper & dogtertjies s'n is gewoonlik bietjie laer & platter"

So wat dink julle?
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90102 by Ansa_S
Hallo al jul ander!

Driekie sien jy is al by die 8 weke, tyd vlieg darem maar vinnig!

Dink Paisley gaan weer more vir scan en sal dan kan sien wat dit is!

Ja strikkie ek het, het baie sleg geslaap was hier van 3 uur af wakker, moenie vir my vra hoekom nie. So toe manlief kwart voor 6 werk toe ry toe kruip ek weer in en slaap toe tot die bediende kwart voor 8 moes inkom!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account