× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #89038 by Goggatjies
Bai geluk dassie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89036 by sexy~hexy
Anje het weer gesms:

Het bruin clots afskeiding, sien dr nou weer 12h45. Sal laat weet wat hy se.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89035 by Goggatjies
Hexy

Ek dink nie dit is selfsugtug om te vra nie.
Jy kan vriende en familie vra om te help.
Ek weet nie hoe naby jy aan jou ma is nie of self jou skoonma nie, maar dit is altyd 'n goeie begin.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89033 by Dassie
Hello almal! :)

Hoop dinge gaan goed.

Net so vinnig laaste 3 bladsye gekyk.

Anje - Geluk met die ou hartkloppie. Hoop jy het 'n gelukkige en gesonde 9 maande! Of hoeveel maande nou ook al oor bly lol.

Hexy - Wow, so dit was toe rerig 'n tweeling. Voorspoed jong, die Here sal by jou wees deur die moeilike en die goeie tye.

Hoe gaan dit met die res? Dink nogsteeds aan julle almal.

AFM: Wel... hehe ... ons verwag 'n seuntjie!!! :P :laugh: :laugh: Gesien by my vorige scan, daar's geen twyfel. Ons is baie bly en als gaan nog goed. Preggy dames lees Psalm 139 en 121, dit help baie. Wou net gou die goeie nuus met julle kom deel.

xx

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89020 by sexy~hexy
Dankie Klippie, julle dames hier beteken vir my oneindig baie.

Maar ek praat fisies van mense in my lewe, hier in die dorp. Almal is deesdae so besig met hulle eie lewens, dis hoekom ek vra, is dit selfsugtig van my om te vra vir mense om hierdie pad fisies saam met my te stap...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89017 by klippie
Hexy, dis hoekom ons hier is! Die Here sal nooit vir jou meer gee as wat jy kan hanteer nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89015 by sexy~hexy
Ek moet net met julle deel....

Ek was gister baie down...my vriendin waarmee ek werk toe en terug ry is ook nou swanger, sy het ook al 'n seuntjie. Met die gevolg - logies - met Jayden en die twee babas en haar seuntjie en baba gaan daar nie vir almal plek in die kar wees om rond te vervoer nie.

Sy vra toe gister hoe gaan ek maak met vervoer, en ek vra wat sy bedoel en sy antwoord my soos ek hier bo genoem het.

Dit het my baie gevang...want ons het net een voertuig...en ek moet altyd in iemand anders se oe kyk vir vervoer.

So met die gevolg, gistermiddag gaan bad ek vroeg, Jayden en DH het gou gery...en toe raak ek net emosioneel voor die Here.

Ek het gevra hoekom het hy juis my liggaan kom kies vir twee babas. Ons is finansieel nie so sterk nie, dit gaan 'n groot aanpassing wees, en Hy weet ons wil net die beste vir Jayden he, en nou vir die twee babas. Ek was net oorweldig deur als...en dis dalk iets wat moes gebeur het. Want deur almal se gelukwensings voel ek totaal en al alleen (ek weet DH en Jayden is daar)...ek het regtig net so 'n groot behoefte aan fellowship van mense...wat die pad saam met my gaan loop, my ondersteun en daar gaan wees sonder enige vrae om te help wanneer die tweeling daar is. Is ek selfsugtig om so iets te vra? Diep binne in my weet ek die Here het vir ons hierdie twee babas gegee omdat ons oorvloed liefde het, en dat dit met 'n doel gebeur het. Dis 'n moeilike pad wat gaan voorle, so ek gaan baie keer by julle kom afpak as dinge te veel raak...as julle nie omgee nie...

Ek voel vandag beter...ek is 'n tipiese "rooi" brein volgens ons breinprofiele...ek raak eers emosioneel oor 'n ding, dan begin dink ek hoe ek dit gaan beter maak/aanpak :D

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account