More almal
Kan nie glo dit as wraggies alweer Vrydag nie. Die weke vlieg en vlieg net verby.
Ja, Hexy - ek sien Maandag die FS sodat ek kan begin met my meds. Ek verwag AF Maandag of Dinsdag. So...ek sal in volgende week al begin stim en hier rondom eerste week in April ER ...en ET..en dan seker so rondom derde week in April sal ek weet of ek 'n mamma gaan word!!
Ek sal jok as ek se dat ek nie skrikkerig is nie...maar terselfdertyd is ek ook baie opgewonde. Ons het so lank gewag vir hierdie oomblik, maar ook voel ek lus om te bel en te kanseleer. ARRGG..soveel verskillende emosies.
Hoe voel jy oor jou siklus, Hexy? Ek hoop jy't die BD ingewerk rondom OV? Dan is daar mos altyd 'n kans. Ek is bietjie agter met alles...maar is hierdie die siklus waar jy so hoe dosis Fertomid gedrink het?
Snoekie: sterkte met die bus. Dit is nie my sterk punt nie. Het te veel bus gery as student. Haat net die gedagte daaraan. Sulke laaang trippies lei gewoonlik tot sulke toe gewasemde ruite in die vroee oggend ure in 'n bus...en ek het my altyd doodgegril daarvoor!!