Hi julle girls!
Hoop dit gaan goed met almal?
Cornel - jy is in my gebede en sterkte vir hierdie moeilike tyd xxx
Hexy hoe gaan dit met baba?
Charlaine het jy al getoets?
Ansa - hi!! Oor raad vir bakkie, as dit nog onder finansiering is sal jou man moet nuwe finansiering kry sodat julle die huidige kontrak kan aflos en dan oor finansier op sy naam want daai bakkie is nog die bank se eiendom tot die dag wat julle hom klaar betaal het, dan kan hy hom registreer in sy persoonlike naam. As dit nie onder finansiering is nie kan jou skoonpa en hy net registrasie kantore toe gaan en hy kan die bakkie op sy naam registreer.
AFM: Ek is vandag 6dpiui. Het gister begin AF tipe pyne voel (wat baie baie vroeg is vir my). Dis nie so seer soos AF nie maar dis daar. Ek het ook gisteraan 'n baie baie klein bietjie bruin spotting gehad, ek bid op my kniegies dat dit implantation was!! Ek voel nogsteeds positief en hoop en bid dat hierdie ons maand is