× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #78462 by Cornel
Goeie more ALmal!!!!!

Hier gaan dit nog baie goed!

Hoe was julle naweek gewees,myne was heel (lekker) vir 'n slag.....Saterdag was ons bietjie na my skoonsus toe in Kakanda,het daar potjie gaan eet.....heeldag gesit en kuier,was vir jou lekker moeg toe ons die aand by die huis kom..... :S maar oi oi oi sondag toe is my lyf so seer,ek het omtrent heeldag gele....... :huh:

Vandag voel ek bietjie beter.....moet nou my alie in rat kry en my goedjies begin pak en al die goedjies wat so rond staan weg pak.....

Maar hierdie baba groei dat dit klap.........my energie is so so min :S

Lekker dag vir almal! Hier waai die wind weer of hy miljoene rande betaal word! :P

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78435 by sexy~hexy
More almal

Hoop julle almal het 'n leka naweek gehad. Myne was oraait, behalwe dat my oc gisteraand half6 by die huis opgedaag het om te se sy kom nie meer werk nie, sy het permanente werk gekry. Het sommer vir haar gese aangesien sy nie eens behoorlik 24uur kennis gegee het nie, gaan ek nie haar salaris betaal nie :angry: So die huis lyk soos wat hy wil :S

Anje, sterkte met vanoggend fxfxfx Wag in spanning!

Charlaine, sal nie kan se oor jou afskeiding...

AFM: :X is weer hier It's all in the mind, ek verbeel my ek ruik iets dan raak ek naar. Hoop dit gaan gou weg :S

En nog net twee slapies dan sien ons vir baba...kan nie glo ek is al verby 8weke nie :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78415 by Lia
Hi Lalie, dankie dat jy kom update het. Jou moet positief bly jong, weet dis moeilik, maar jou lyf gaan jou positiwiteit nodig he. Baie sterkte vir afspr en laat weet asb. En jy het dit self gese, jy het net 1 nodig !! Ek hou baie duim vas vir julle !!!!!! FXFXFXFXFXFXFXFXFX

Girls, ek toets more oggend en is nog steeds nie angstig soos die vorige kere nie, is eintlik baie rustig, begin dink daar is fout met my. Sal julle laat weet so gou as wat ek kan.

Lekker week vir julle !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78409 by Laliek
Hi julle!

Kom loer gou gou in en net om update te gee.

Was Saterdag oggend by dok - het twee follies, een links en een regs. Ek sien hom weer more oggend 7uur vir die CD12 scan en dan hopelik is hulle al groot genoeg. Dis sover word die IUI Woensdag oggend gedoen.

Ek was bietjie af hierdie naweek, moes vir my vriendin se babyshower volgende naweek gaan geskenk koop - sjoe dis moeilik om tussen al die baba goed te loop, en my beste vriendin wat 'n maand lank probeer swanger raak is nou swanger. Ai tog, dit vat maar aan mens. Ek was skoon negatief gister na my afspraak met FS want ek het vir DH gese laasmaand het ek 4 follies gehad en nog 'n BFN gekry en hierdie maand is daar net 2 follies!! Ek weet dit vat net een, maar dit was maar 'n moeilike naweek vir my hierdie - ek voel nie eers so excited oor IUI soos ek moet nie!! Weet nie wat aangaan met my nie :blink:

Ek sal more oggend na afspraak weer kom post!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78053 by ChaNa
Hi G lyk my dis nou net ek en jy.. ALMAL is vroeg weg lyk my op die lekker somers vrydag.. Nee ek joke, dis bleddie vriesend hier by ons.

So bly dis naweek gaan maar net try relax.
Julle ek het gaan pieps en ek kry 'n discharge wat lyk soos 'n paste en die kleur gaan nou van wit na ligbruin bruin.

Wat is dit?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78033 by G Baby
Hallo julle,sjoe besige oggend gehad,was in dorp heel oggend,de nys was stroopsoet,nie een keer gehuil of moelik gewees nie. darem so paar inkopies kon doen en by vriendin gekuier wat 25ste junie haar baba gehad het.
my man spot my altyd met my "teaparties",maar dis ook al hoe mens jou sanity sal behou...kan nie net kids groot maak nie.

gaan vanaand by vriende eet en die hele kroos gaan saam,die vriende het nie kinders nie so ek hoop maar sy pak haar kosbare goedjies weg....myne los natuurlik niks uit nie.
more aand kry ons weer vriende oor vir braai,so lekker bedrywige kuier naweek wat voorle.

hoop dit gaan goed met elkeen van julle en dat julle 'n heerlike naweek mag h?.

ek groete julle,en hou duim vas vir die wat moet toets en die wat moet BD-gan vir goud!!!

tata
;) ;) ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77980 by sexy~hexy
Julle moet almal 'n geweldige leka naweek he, nie te koud kry nie :)

Gesels Maandag weer, en dis die begin van 'n nuwe week met HPT's :)

Toodles :kiss:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account