× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #77523 by sexy~hexy
TIENKA!!!!!!!!!!

Bly om jou te sien, en jy moet ASB 'n foto kom post van Shayne. Is daar al foto's op FB??

Driekie het Maandg gehoor sy is swanger :) En Anje moet Maandag toets...en daarna Charlaine Woensdag. So ons wag weer in spanning vir die volgende BFP :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77517 by Tienka
Hallo julle, ek loer blitsvinnig in. Dit gaan goed met ons, babatjie is vandag 1 wekie oud, hy's die rustigste ding, ek vreet hom sommer op. Ek sal probeer om later 'n foto te kom post.

Ek is nog redelik seer want hy was so ampertjies te groot vir my, ek konnie glo hy was 3.88kg nie, dis piepklein eintlik LOL

Ek het nie probeer opvang nie, maar dit lyk of dit goed gaan met almal. Nog nie nuwe bfp's nie?

Ek moet vir Shayne vandag terugvat kliniek toe want hy het nie verlede Vrydag sy BCG en polio druppels gehad nie, so moet dit vandag doen, ek het vergeet watse mission dit is om net uit die huis te kom met so 'n klein mensie maar ja ek sal seker daaraan gewoond raak.

Hy het besluit hy is 'n bottel baba, het eenvoudig geweier om te borsvoed, hy is 2:18 gebore en het 5uur die volgende oggend eers iets gedrink (ek het opgegee en vir hom bottel gegee), hy wou eenvoudig nettie die bors he nie.

Ek gaan nou eers groet, sal probeer om later 'n draai te maak vir foto's en biekie opvang.

Lekker dag vir almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77507 by sexy~hexy
More almal

Cornel, ek dink ook daai tee sal lekker wees as 'n ystee. Ek wil vandag gaan kyk of ek gemmertee kry, dalk help dit vir die MS.

Al die ander dames, wat is nuus??

Anje, nog net 3slapies dolla :woohoo: Sterkte en ek hoop die naweek vlieg vinnig en dat ons Maandag kan begin met 'n BFP :)

Dit is HECTIC koud hier vanmore, lyk my ons het 'n laat winter :S Ek kla nooit oor dit te warm is nie, want mens kan afkoel as dit warm is, maar as dit so koud is, kan mens nooit genoeg doen om warm te word nie. En dis sleg om die kleintjies so vroeg in die oggende uit te vat in die koue dagsorg toe :(

Ek het gisteraand 'n program op 125 gekyk, het gegaan oor triplets. Die een vroutjie het vertel haar babas wat nou 4mde is, is op 32weke gebore en was vir so 4weke in ICU. En nou op 4mde is hulle te pragtig, maar sy gaan deur so 500 doeke 'n maand :blink: DIS HEAVY!!!

Anyway, ek voel vanoggend redelik ok. Ek dink wat my ook naar laat voel, is die neus wat so snotterig is. Maar ek weet dis die slymvliese wat swel en dan meer slym en als veroorsaak. Het dit met Jayden ook gehad.

Anje, raai wat? Ek het vanoggend peanutbutter broodjies ingesit vir werk :D

OK OK, lekker daggie vir almal, dis darem VRYDAG :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77400 by Cornel
Dis nie te sleg as jy bietjie suiker by gooi nie!!!! Dink dit sal lekker wees as mens dit soos 'n ystee kan drink!

Lekker aand Ankia!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77393 by Goggatjies
hoe proe jou tee - Cornel

Ek gaan nou ook groet, gaan so paar dinge klaar maak en dan chat ons weer

Driexter geniet jou naweek

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77391 by klippie
Hallo Julle! hier is ek ook nou uiteindelik. Jammer, dit gaan baie baie rof hierso, ek het nie eens opgevang nie.

Hoop dit gaan goed met almal! Hopenlik chat ek weer volgende week 'n bietjie makliker.

Soet wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77382 by Cornel
TROPICAL FRUIT TEE!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account