Goeie more
Julle sal nie glo nie, maar ek het al 59 bladsye opgevang, ekhet baie werk om te doen, maar kan net nie weg bly nie.
Klippie - ek is jammer oor die IUI. Ek dink aan jou
Driexter - baie geluk - ek is so bly vir jou part
Anje - jammer oor die pleeg kinders, kan nie lekker wees nie
Dit was die belangrikste wat ek kon onthou van al die bladsye
Nou ons vakansie
Het die Sondag daar geland en dit was vrek warm, ons het natuurlik ons winters klere aangehad, so ons het gesweet. Dit wat so 33 grade met 90 % humiditeit
Die Sondag het ons net gerus en in die hotel se swembad geswem
Maandag het ek bietjie gewerk, het gou na 'n paar hotelle gaan kyk en het ook met 'n duik skool gaan praat, ons het so tussen in ook put-put gaan speel by die dino park
die Dinsdag is ons dieretuin toe, maar dit was baie dissapointing, regtig nie wat ek verwag het nie, hokke is klein in dit lyk maar vaal. Het well olifant show gesien en foto by 'n tier gaan neem
Woensdag is ons uit vir 'n safari gewees, het op olifante gery en na thai boxing gekyk en het ook 'n kook les gehad - was baie interessant
Donderdag was ons enigste dag op die strand, het lekker geswem en in die sand gespeel
Vrydag was ons na die waterpark toe gewees, daar was slides en 'n nagemaakte see en dit was baie lekker, het dit geniet. Behalwe dat ek gegly het om die nat vloer en my knieg het uitgehak, dit het letterlik gevoel of ek my been breek, dit was vrek seer, en is nog seer
Saterdag het ons net geshop, het na die night market gegaan en paar goedjies daar gekry vir boeta en al die ander mense
Sondag het ons rustig verkeer en geswem in die swembad en ons het terug gevlieg
William het so goed gevlieg, ek is baie trots op hom.
Ons het natuurlik hier in die koue aangekom, en hulle het ons gemaak wag op die tarmac in die koue vir 'n busie om ons op te laai van die vliegtuig af - was baie koud
Ek sit nogsteeds met 'n seer knieg, maar sit is darem al bietjie beter.